Kubermisdaad: Namibië moet eers sy huis in orde kry
Nadat die 2023 Allianz Risk Barometer bevind het dat kubermisdaad een van Namibië se grootste veiligheidsrisiko's is, sê John Katanga, ’n meesterstudent in digitale forensiese wetenskap aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), ’n gebrek aan wetgewing oor kubermisdaad tot gevolg mag hê dat vonnisse vir hierdie misdade nie genoegsaam mag wees om misdadigers af te skrik nie.
"Wanneer daar misdaad gepleeg word met ’n rekenaar, kan daar nie ’n klag gemaak word oor die gebruik van die rekenaar nie, maar mens kan staatmaak op tradisionele en algemene misdaad. Iemand kan bv. aangekla word van diefstal onder valse voorwendsels. Toe daardie wette in plek gestel is, was daar egter geen vooruitsig dat ons sou sukkel met misdaad wat met rekenaars gepleeg word nie," sê Katanga.
Isaac Nhamu, ’n lektor in kuberveiligheid by Nust, sê die konstante verandering in digitale tegnologie maak dit moeilik om voldoende wetgewing in plek te sit. Hierop verwys Katanga na die wet op rekenaarbewyse wat nie meer spreek tot ’n moderne wêreld waarin meer gevorderde tegnologie aan die orde van die dag is nie.
Oor die moontlikheid van Namibië se deelname aan verskeie internasionale verdrae, onder meer die Europese Raad se Boedapest-verdrag op kubermisdaad wat Namibië tans nie onderskryf nie, sê Nhamu dit is eerder belangrik vir die land om sy eie huis in orde te kry. "Ons moet versigtig wees oor wanneer ons deelneem aan dit wat ander doen," sê hy.
Hy is ook van mening dat die Afrika Unie se Malabo-verdrag eerder vir die regering as 'n riglyn van die digitale ekosisteem dien, as ’n verdrag wat partye aanspreeklik hou.
"Sommige van hierdie verdrae spreek nie tot ons nie," sê Katanga. Volgens hom moet Namibië eerder hul aandag vestig op die oorsaak van die uitgerekte tydperk wat die konsepwet op kubermisdaad neem om geïmplimenteer te word. Die wet is reeds amper 20 jaar in die pyplyn, nadat die besluit geneem is om dit van die wet op elektroniese transaksies te skei. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie