Ministerie reageer op loerbroer-bewerings
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie het gereageer op bewerings deur ’n navorser dat die regering Namibië onder die voorwendsel van “nasionale veiligheid” in ’n loerbroerstaat kan verander.
Frederico Links, ’n navorser verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), het tydens ’n openbare praatjie gesê dat ’n paneel kundiges van Europa geraadpleeg is om die konsepwet vir databeskerming op te stel en dat die hoofstuk wat handel oor die regte van mense wie se data ingevorder word uit die kenners se weergawe verwyder is.
By navraag hieroor het die ministerie se woordvoerder, Shoki Kandjimi, gesê dié hoofstuk is op aanbeveling van ’n plaaslike kenner verwyder ná konsultasies met belanghebbendes landswyd.
“Die hoofstuk is weer ingesluit in die konsepwet soos dit in artikel 26 van die konsepwet staan,” het Kandjimi aan Republikein gesê.
“Die mag om inligting te onderskep word deur die wet op die Namibiese Sentrale Intelligensiediens en Terrorisme gereguleer, en is reeds van krag.
“Daar kan genoem word dat al die wette ’n hofbevel van ’n regter vereis,” het hy op Links se kommer gereageer dat Namibiërs van hul reg op vryheid ontneem sal word.
Kandjimi het ook aangevoer dat die databeskermingswet en die reg op privaatheid geskei kan word, vanweë die feit dat daar reeds in die Grondwet voorsiening gemaak word vir Namibiërs se reg op privaatheid.
“Die konsepwet op databeskerming poog om strukture in plek te stel en die verpligtinge van datakontroleerders vas te stel en voorsiening te maak vir die regulering van die verwerking van persoonlike data,” het hy gesê.
Die digitale kenner Paul Rowney meen die databeskermingswet is dringend nodig om Namibiërs te beveilig indien die wet voldoende is.
“Ons databeskerming skiet ver te kort en daar is baie rolspelers om te blameer,” het hy gesê.
Volgens Rowney is biometriese inligting wat onder meer deur die telekommunikasiemaatskappy MTC as deel van die simregistrasieproses bekom is, een databron wat Namibiërs kwesbaar kan laat sonder voldoende wetgewing om dié inligting te beveilig.
“Hulle mag dalk glo hulle vorder die inligting vir ’n goeie rede in, maar die feit bly staan dat iemand met ’n geheuestokkie by talle van hierdie instansies kan instap en data kan aflaai en dit dan vir hul eie doeleindes kan gebruik,” het Rowney gesê.
Hy meen Namibiërs kan moontlik aan finansiële bedrog en identiteitsdiefstal blootgestel word as hul data in die verkeerde hande beland.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie