Foto ter illustrasie/argief
Foto ter illustrasie/argief

MTC gee glo data terug

Netwerkprobleme in Erongo is opgelos
MTC het gister verduidelik oor netwerkonderbrekings en data wat gebruikers glo nooit ontvang het nie.
Iréne-Mari van der Walt
Die staat se mobiele telekommunikasiemaatskappy, MTC, het gister in ’n mediaverklaring gesê die opgradering van sy aanlyn herlaaistelsel (OCS) sal gebruikers se probleme met Aweh-pakkette oplos.

Dit volg nadat verskeie gebruikers Aweh-pakkette probeer koop het, maar dit glo nooit ontvang het nie ten spyte daarvan dat hulle daarvoor betaal het.

“Ek het gisteroggend my Aweh vir die week hernu. . . ek het nie baie data gebruik nie en het geen oproepe gemaak nie, maar ’n paar uur later het al dié eenhede verdwyn en oproepe of dataverbindings word van my balans afgetrek,” het ’n gebruiker in die sosiale media gesê.

MTC se woordvoerder, Erasmus Nekundi, het gesê die instansie is tans besig om geraakte gebruikers te identifiseer sodat hulle die produk kan ontvang waarvoor hulle betaal het.

“Ons kan op ons stelsel sien watter nommers geraak is en hoe hulle geraak is. Ons is tans besig om hierdie inligting van ons aanlyn herlaaistelsel te trek sodat ons vir mense kan teruggee wat hulle toekom,” het hy gesê.

Tim Ekandjo, MTC se hoof van mensekapitaal en korporatiewe sake, het in die verklaring gesê dat MTC reeds gister begin het om betaalde eenhede terug te gee en die proses sal voortduur tot alle geraakte gebruikers vergoed is.

NETWERKONDERBREKINGS

MTC het wel ’n rede vir die onlangse onderbrekings in stem- en mobiele datanetwerke verskaf.

“’n Kragonderbreking in Swakopmund op 19 Februarie het gelei tot skade aan een van die veselkanale. Dit het die Wes-Afrikaanse-kabelstelsel (WACS) beïnvloed wat datadienste en stemoproepe in die Erongostreek beïnvloed het,” lui MTC se verklaring.

Skade aan die WACS-kabel het glo ’n bottelnek in alternatiewe netwerkroetes veroorsaak wat datadienste vertraag het.

MTC het in hul verklaring ook planne bevestig om die alternatiewe netwerkroetes te versterk. Nekundi sê dié opgradering sal beteken dat datadienste in die toekoms nie so erg geraak sal word.

MTC het ook in sy verklaring gesê dat netwerkprobleme in die Erongostreek nou opgelos is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!