MTC het ‘lankal’ mense se inligting
MTC het glo die nodige inligting van kontrakgebruikers
Die staat se mobiele telekommunikasiemaatskappy verduidelik dat die weiering om biometriese inligting met dié maatskappy te deel as onvoldoende SIM-registrasie hanteer sal word.
Dis nie asof dit vir MTC iets nuut is om selfoongebruikers se persoonlike data te hê en dit veilig te hou nie, het MTC se hoof van menslike kapitaal, korporatiewe sake en bemarkingsbeampte, Tim Ekandjo gesê.
Volgens Ekandjo sal alle MTC-dienste opgeskort word indien MTC-kliënte se SIM-kaarte nie voor 1 Januarie 2024 geregistreer is nie.
Ekandjo sê verskeie mense het al daarin geslaag het om MTC te bedrieg deur vervalste identiteitsdokumente te lewer, en dat hierdie die rede vir biometriese identifikasie is.
“Sedert die implementering van biometriese identifikasie het ons dit reggekry om bedrieglike aktiwiteite met minstens 80% te verminder,” het Ekandjo gesê.
Van MTC-kliënte word verwag om ’n gesigfoto en hul vingerafdrukke aan MTC te verskaf vir identifikasiedoeleindes wanneer SIM-kaarte geregistreer word.
“Ons het dit ’n voorwaarde vir gebruik van ons diens gemaak dat ons biometriese inligting tydens SIM-registrasie inwin om ons besigheid te beskerm,” het Ekandjo gesê.
’n Woordvoerder vir MTC, Erasmus Nekundi, het verduidelik dat van kontrakgebruikers eers met die hernuwing van hul kontrakte verwag sal word om biometriese inligting te verskaf.
Indien ’n kontrak tot ná 1 Januarie 2024 geldig is, sal die kontraknommer steeds geregistreer word, maar ’n nuwe kontrakooreenkoms sal nie beskikbaar gemaak word sonder die gebruiker se biometriese inligting nie.
“Ons het reeds die nodige inligting vir registrasie van ons kontrakgebruikers en dus sal eers met die hernuwing van hul kontrak verwag word dat hulle hul biometriese inligting verskaf,” het Nekundi gesê.
Die staat se mobiele telekommunikasiemaatskappy, MTC, het volgens Nekundi teen einde Januarie bykans ’n miljoen SIM-kaarte geregistreer met MTC se registrasiesyfer wat dié maand op 969 235 afgesluit het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie