Image for illustrative purposes only.
Image for illustrative purposes only.

MTC ignoreer Cran se biometriese beleid

Glo om aanlyn en kuberbedrog te bekamp
Dit is onbekend hoe MTC hierdie data hanteer en in watter mate dit vertroulik bly.
Yandi Du Plessis
Stefan Noechel en Frank Steffen – Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) het einde verlede week aangekondig dat dit nie wetlik verpligtend is vir telekommunikasiemaatskappye om biometriese data aan te vra nie.

MTC se hoof van menslike kapitaal, korporatiewe sake en bemarkingsbeampte, Tim Ekandjo, het egter glo in samesprekings met twee staatsmediahuise gesê MTC sal voortgaan om aan te dring op die registrasie van biometriese data, in stryd met Cran se opdrag.

“MTC het bevestig dat kliënte wat wil voortgaan om die selfoonoperateur se dienste te gebruik, hul biometriese data moet verskaf wanneer hulle hul SIM-kaarte registreer,” het die nasionale uitsaaier NBC gesê.

Namibiërs het herhaaldelik teen verpligte SIM-registrasie vasgeskop, maar MTC het sy kliënte sedert 2022 verplig om te begin registreer. MTC het in Februarie dié stap verduidelik deur te sê dat ’n aantal kliënte in die verlede onder bedrog deurgeloop het. Die bykomende stap van biometriese data-opname is nodig in die “era van inligting”.

MTC gebruik die Verifi-program, wat volgens hom ideaal is vir die registrasieproses.

Verifi is in 2005 gestig en is volgens Wikipedia ’n bestuursmaatskappy vir veilige betalings.

MTC het aan NBC gesê die versameling van biometriese data bly noodsaaklik om veiligheidsmaatreëls te verbeter en aanlyn en kuberbedrog te bekamp.

Katrina Sikeni, Cran se hoof van korporatiewe kommunikasie, het gesê die agentskap sal stappe doen teen enige operateur wat die opdrag verontagsaam. Tot vandag toe is dit nie bekend hoe MTC hierdie data hanteer en in watter mate dit vertroulik bly nie.

Op navraag deur ons susterkoerant Allgemeine Zeitung het Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) kommentaar gelewer op hierdie jongste verwikkeling en gesê: “Wat interessant is, is die manier waarop MTC sy antwoord bewoord het deur dit te laat lyk asof hy kliënte ’n keuse gee, hoewel dit nie die geval is nie. Basies dwing hy mense steeds om hul biometriese inligting te deel.

“MTC daag duidelik Cran se gesag uit en dit sal interessant wees om te sien hoe Cran hierop reageer. Dit kan ’n gevallestudie word in die swakheid van reguleerders as Cran nie teen MTC optree nie, wat eerstens onregmatig optree en tweedens ’n regulatoriese riglyn verontagsaam.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!