Foto ter illustrasie, argief
Foto ter illustrasie, argief

MTC vereis nie meer biometriese inligting

Iréne-Mari van der Walt
’n Woordvoerder vir MTC, Erasmus Nekundi, het gister aan Republikein bevestig dat diegene wat hulle MTC-simkaarte gaan registreer nie meer hul biometriese inligting hoef te verskaf nie.

Vroeër is berig dat MTC se kommunikasiehoof, Tim Ekandjo, volgehou het dat MTC steeds kliënte se biometriese inligting vereis as deel van die registrasieproses van simkaarte. Dit ten spyte daarvan dat die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) verskaffers van telekommunikasiedienste opdrag gegee het om hierdie vereiste te laat vaar.

Ekandjo het by hierdie geleentheid gesê MTC sal steeds die gebruik van sy Verifi-diens vereis as gevolg van ’n styging in voorvalle van kubermisdaad en –bedrog wat opgemerk is. Die gebruik van biometriese data as deel van die Verifi-stelsel sou volgens Ekandjo juis hierdie misdaad bekamp.

Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, het voorheen in ’n verklaring gesê hierdie opdrag is deurgegee na aanleiding van klagtes van die publiek en die media rakende hierdie vereiste as deel van die registrasieproses.

Teen einde September vanjaar het MTC aangemeld slegs ongeveer 33% van sy aktiewe simkaarte is geregistreer. Dít ten spyte van die sperdatum vir die registrasie van simkaarte wat nader kruip.

Cran en die verskaffers van telekommunikasiedienste poog om voor 1 Januarie 2024 alle simkaarte geregistreer te hê. Indien nie word ’n selfoonnommer vir ’n tydperk van drie maande ontkoppel. Indien die simkaart nie binne daardie drie maande geregistreer word nie, word die nommer gekanselleer en kan die gebruiker dit nie weer terugkry nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!