Namib Mills-groep brei laboratoriumdienste uit
Verminder frustrasie met veterinêre toetsing
Die laboratorium toets nou ook vir die siektes trichomonas en campylobacter by beeste.
Die Namib Mills-groep het verlede week sy internasionaal geakkrediteerde, onafhanklike laboratorium wat daarop gemik is om frustrasies met veterinêre toetsing in die land te verminder, amptelik bekend gestel.
Namib Laboratories, wat reeds in 2018 gestig is, doen diagnostiese mikrobiologie-, serologie- en polimerase kettingreaksie (PCR)-toetse.
“Die nederige ontstaan van hierdie laboratorium spruit uit ’n frustrasie met plaaslike veterinêre laboratoriumdienste, veral met betrekking tot die pluimveebedryf,” het mnr. Jaco Labuschagne, hoofbestuurder van Feedmaster Namibia, tydens die bekendstelling gesê.
“Feedmaster het die uitdaging aangepak om laboratoriumdienste te vestig wat veterinêre en mikrobiologiese ontledings vir Namib Poultry Industries en Namib Mills doen.
“Van die begin af was dit ons doel om ’n internasionaal geakkrediteerde, onafhanklike laboratorium te vestig,” sê hy.
Namib Laboratories het gou besef daar is ’n behoefte om hierdie dienste na Namibië se veeartse en voedselverwante bedrywe uit te brei. In 2020 het Namib Laboratories sy dienste vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aangebied en begin om PCR Covid-19-toetse te doen aangesien die nodige toerusting en bekwame personeel beskikbaar was.
Deur dié diens kon die laboratorium 11 nuwe werksgeleenthede vir Namibiërs skep.
Hy het verduidelik die visie is om analitiese en patologiese laboratoriumdienste in Namibië te revolusioneer.
Namib Laboratories is geakkrediteer vir die meeste industriële mikrobiologiese en serologiese toetse by pluimvee.
Die laboratorium toets nou ook vir die siektes trichomonas en campylobacter by beeste.
“Veeartse kan ons kontak oor die aankoop van toetsstelle vir enige prosedures wat hulle gereeld uitvoer,” het me. Louise Clack, laboratoriumbestuurder, gesê.
Verder kan maatskappye in die voedselbedryf die span nader om toetse op voedselhanteerders of werknemers uit te voer. Dit sluit in toetse vir hepatitis, staphylococcus en parasiete.
Clack sê die kliniese afdeling is die nuutste toevoeging en die een waaroor Namib Laboratories die passievolste is.
Deur Beckman Coulter-toerusting te gebruik, kan hulle alle chemie-, immunochemie- en hematologie-ondersoeke doen.
Hulle is ook in staat om toetse op enige mikrobiologiese kulture uit te voer.
Gesprekke word ook gevoer met patoloë om hulle by die span aan te sluit.
Namib Laboratories verwag verder om binnekort ook toetse op watermonsters te kan doen, asook mineraalstudies op grondmonsters, voer en voedingsbronmateriaal.
Clack het haar toespraak met die volgende woorde afgesluit: “Hou hierdie ruimte dop – baie meer dinge lê nog voor."
Vir volledige inligting oor die laboratorium se dienste, besoek die webwerf by www.namiblab.com.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie