Namibië onder beleg

Kuberaanvalle styg kwaai
Die gesondheidsministerie verseker dat geen persoonlike gesondheidsinligting in die onlangse kuberaanval op Telecom Namibia uitgelek is nie.
Rita Kakelo
Die Namibiese kuberveiligheidslandskap het in 2024 'n aansienlike toename in kuberaanvalle gesien, met meer as twee miljoen kwesbaarhede en 1,1 miljoen kubervoorvalle wat tussen Januarie en September vanjaar aangeteken is.

Dit is volgens ’n amptelike verslag van die regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) oor die binnelandse kuberruimte wat in Oktober 2024 uitgereik is. Cran het in hierdie verslag ook maatskappye versoek om hul netwerke te segmenteer om losprysware te bekamp.

Kwesbaarhede in kuberveiligheid verwys na swakhede wat gevind word binne inligtingstelsels, sekuriteitsprosedures of interne beheermaatreëls wat oortreders kan ontgin.

Kenners is van mening dat ’n gebrek aan gekwalifiseerde professionele persone en die afwesigheid van wetgewing om kuberaktiwiteite te reguleer, sleutelfaktore is wat bydra tot die situasie waarin Namibië hom tans bevind.

Volgens Cran het dit ’n aansienlike toename in kuberaanvalle waargeneem.

"Die Brute Force-voorvalle het aansienlik van Maart tot Junie toegeneem met 'n rekordgetal van 14 903 in Maart en 18 123 in Junie," het Cran se uitvoerende hoof vir ingenieurs- en tegniese dienste, Ronel Le Grange, in die verslag gesê.

"Verdagte transaksies wat deur netwerkteleskope geïdentifiseer is, het in Junie die hoogte ingeskiet met rekords van 414 106 in vergelyking met die 25 898 in Mei," het sy bygevoeg. Le Grange het ook gesê twee losprysware-voorvalle is in Mei en Junie aangeteken.

In die verslag is organisasies aangemoedig om ’n herstelplan te implementeer om veelvuldige kopieë van sensitiewe data en bedieners in ’n fisies aparte, gesegmenteerde en veilige plek te hou.

Die verslag is uitgereik minder as twee maande voordat Telecom Namibia op 13 Desember die slagoffer geword het van 'n losprysware-aanval wat daartoe gelei het dat sommige kliënte se data op die donker web uitgelek het. Telecom het gesê die voorval van datalekkasie was ’n kuberaanval wat deur Hunters International uitgevoer is.



'NIKS IS UITGELEK'

In ’n poging om openbare vrees hok te slaan, het die uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister, I-Ben Nashandi, gister Namibiërs verseker dat geen persoonlike data uit die regering se datasentrum uitgelek is nie. Dit is afgesien van die inligting van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.

"Die data wat by die regering sit, is veilig," het hy verseker en bygevoeg dat die regering gereeld sy kuberveiligheidsraamwerk opdateer met die laaste een wat in September 2024 uitgevoer is.

Hy het verder daarop gewys dat die regering die stelsel wat wel blootgestel is, geïsoleer het.



GESONDHEIDSDATA

Die gesondheidsministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, het gister Namibiërs verseker dat geen persoonlike gesondheidsinligting in die onlangse kuberaanval op Telecom Namibia, uitgelek is nie. Hy het dit tydens ’n media-inligtingsessie gesê wat die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie aangebied het.

Die kommer oor moontlike uitgelekte persoonlike gesondheidsdata spruit uit skermgrepe wat op 13 Desember op sosialemediaplatforms gesirkuleer het. Dit is gevolg deur bewerings dat sensitiewe mediese rekords soos pasiënte se MIV- en malariastatus ook uitgelek is.

Nangombe het egter hierdie bewerings verwerp en verduidelik dat die uitgelekte data van die farmaseutiese bestuursinligtingstelsel afkomstig is.

Volgens Nangombe bevat hierdie stelsel inligting oor vlakke van mediese voorraad, die aantal pasiënte wat vir gesondheidsdienste ingeskryf is en verwante operasionele data, en bevat dit nie individue se gesondheidsrekords nie.

"Hierdie data is nie identifiseerbaar nie. Geen name of persoonlike inligting van pasiënte is daaraan geheg nie. In werklikheid is die enigste identifiseerbare besonderhede die e-posadresse en kontaknommers van die mediese personeel wat toegang tot hierdie inligting het."

Nangombe het verder gesê dat die kuberveiligheidspan dadelik opgetree het nadat hulle van die kuberaanval ingelig is. Die stelsel is glo onmiddellik van die internet ontkoppel en toegang is heeltemal geblok.

"Ons kan nie sê of die inligting heeltemal afgelaai is nie, maar dit is nou na ’n nuwer, veiliger bediener (server) geskuif."

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Up +0.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 759.65/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0011 | Zinc US$ 2 894.30/T DOWN -0.97% | Brent Crude Oil US$ 79.80/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 957.10/OZ UP +0.18% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Up +0.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 759.65/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0011 | Zinc US$ 2 894.30/T DOWN -0.97% | Brent Crude Oil US$ 79.80/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 957.10/OZ UP +0.18%