Netwerk-infrastruktuur brei uit
Goreangab-toring verbind meer inwoners
Telecom Namibia se filiaal PowerCom belê miljoene om toegang tot dienste te verbeter.
“Toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologiedienste en -geriewe is nou ’n noodsaaklikheid, en nie meer ’n luuksheid nie.”
Só het die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), dr. Peya Mushelenga, verlede week Woensdag tydens die inwyding van PowerCom se nuutste 30 meter-toring in die Goreangab-woonbuurt gesê.
Die toring – ter waarde van N$965 815 – is die laaste van 18 wat PowerCom gedurende die vorige finansiële jaar landswyd opgerig het, volgens die staatsonderneming se uitvoerende hoof, Beatus Amadhila. Met ’n belegging van sowat N$21,6 miljoen is ses torings in die Hardapstreek opgerig, een in ||Kharas, ses in Otjozondjupa, een in Oshikoto, twee in Erongo, een in Oshana en die jongste in Khomas, sê hy.
PowerCom rig tans nog drie torings in die Khomasstreek op, drie in Erongo en een in die Otjozondjupastreek teen ’n bedrag van sowat N$7,2 miljoen
Die filiaal van Telecom Namibia beplan ook om oor die komende boekjaar 30 nuwe torings teen ’n koste van N$36 miljoen op te rig: Vier in die Zambezistreek, drie in ||Kharas, een in Oshikoto, twee in Erongo, vyf in Omusati, twee in Oshana, drie in Otjozondjupa, twee in Ohangwena, een in Kunene, een in Hardap en nog vyf in die Khomasstreek, sê hy. Nog ’n ligging sal in een van die Kavangostreke of in die Omahekestreek geïdentifiseer word, voeg hy by.
PowerCom se telekommunikasietorings huisves alle vorms van draadlose kommunikasie, insluitend mobiele netwerke, televisie-antennas en radiosenders, brei Amadhila uit. Die sakebenadering is vir verskeie kliënte om infrastruktuur te deel en sodoende die koste vir eindverbruikers te verminder. Telecom en XYLO Technology Investment, ’n internetverskaffer wat binnekort dieselfde toring gaan benut, is van die kliënte wat reeds geteken het om van die Goreangab-toring gebruik te maak. In Windhoek se munisipale gebied is aansoek gedoen vir grond om onder meer torings in Greenwell Matongo, Otjomuise en Hakahana op te rig, sê hy.
PowerCom se raadsvoorsitter, Eldorette Harmse, het gesê: “Windhoek groei steeds en benodig nog 30 nuwe torings om voldoende toegang en dienste te kan bied.”
Ses torings is goedgekeur, waarvan die oprigting van twee reeds begin het. PowerCom wag vir terugvoering vanaf die hoofstad se munisipaliteit vir nog 22 torings, sê sy. Landswyd groei die vraag na telekommunikasieverbindings en minstens 300 torings is oor die volgende drie tot vyf jaar nodig om in dié aanvraag te voldoen, sê sy.
Telecom se hoofbeampte, dr. Stanley Shanapinda, het gesê: “Die Goreangab-toring is ’n beduidende belegging in Namibië se toekoms.”
Die minister het gesê: “Ek moedig die jeug aan om voordeel te trek uit die talle en diverse geleenthede wat tegnologie geskep het en sal bly skep. Benewens om vermaak op verskeie sosialemediaplatforms te geniet, maak gebruik van die toeganklikheid wat deur PowerCom verskaf word om te leer, kreatief te wees en ’n kenner van tegnologie te word,” sê minister Mushelenga.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie