Noodplan vir kommunikasie in die pyplyn
“Kommunikasie is die eerste ding wat jy doen wanneer ’n ramp tref.”
Só het Brad Partridge van die Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU) onlangs gesê tydens sy voorlegging van die voorlopige Nasionale Noodplan vir Telekommunikasie (NETP), soos deur die ITU opgestel is.
Tans belemmer ’n gebrek aan voldoende inligting oor Namibië se kwesbaarheid vir verskeie soorte rampe die suksesvolle daarstelling van ’n kommunikasieplan vir noodgevalle.
Namibië se standaardprosedure vir die beheer van risiko’s verbonde aan rampe is laas in 2018 hersien en die beleid vir risiko’s verbonde aan rampe laas in 2016.
“In die geval van ’n ramp, moet diegene wat eerste reageer met diegene bo hulle kommunikeer oor stappe wat gedoen moet word en die regering moet in staat wees om met ander belanghebbendes te kan kommunikeer,” het Partridge gesê oor die belangrikheid van hierdie plan, waarvan Namibië een van die eerste drie Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-lande is waar dié plan geïmplementeer sal word.
Volgens hom tel die feit dat Namibië nie die Tampere-konvensie onderteken het nie, teen die land.
Hierdie konvensie is ’n internasionale verstandhouding tussen 49 lande wat dit moontlik maak om toerusting vir kommunikasie in noodgevalle in te voer en sodoende in plek te stel om kommunikasie moontlik te maak.
Partridge verduidelik onder meer dat meganismes in plek gestel moet word om gereeld telekommunikasie en inligting- en kommunikasietegnologie te hersien. Vroeë waarskuwingstelsels moet ook in plek gestel word, volgens Partridge.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie