NUST studente loods Namibiese kletsbot
Jy kan nou YYenichat, 'n KI-kletsbot wat gerig is op opvoeders, studente en leerders, op die Google Playstore vind.
Toepontwikkelaars Vitalis Haupindi en Lotto Nanghunda het aan die toep gewerk terwyl hulle voltyds by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie gestudeer het.
Die toepassing is vrygestel nadat verskeie studies by skole gedoen is en befondsing bekom is.
Die kletsbot dien as 'n persoonlike tutor vir studente en leerlinge, en stel gebruikers in staat om enige vraag oor 'n sekere onderwerp te vra. In teenstelling met ander bekende generatiewe KI-tegnologieë, laat YYeniChat gebruikers toe om opvolgvrae te vra om die antwoord op hul eie te ontdek sonder om hul kognitiewe vermoë in te boet. Die kletsbot kan gebruikers bystaan met kwessies rakende Afrikaans en is ontwikkel met die Namibiese opset in gedagte.
Volgens die ontwikkelaars is die kletsbot ontwerp om die vermoë van onderwysers met behulp van KI te versterk. Dit stel hulle in staat om meer effektief te onderrig deur 'n een-tot-een-onderrigomgewing te simuleer. Die kletsbot samel data van die leerders in terwyl hulle die toep gebruik en gee terugvoer en aanbeveling aan onderwysers en ouers oor die leerder se vordering.
Die eerste deel van die klets versterk die werk van die onderwysers en die tweede deel behels die KI-onderrig self onafhanklik van die onderwyser deur die vrae en insette van gebruikers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie