'Nuwe tegnologie kan werksmag verbeter'

Iréne-Mari van der Walt
Die visekanselier vir die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), professor Erold Naomab, meen dat die Kunsmatige Intelligensie (KI)- en Robotika-versneller (AIRA) wat in samewerking met die Bank of Namibia (BoN) bekend gestel is, kan bydra tot die bevordering van vaardighede in die plaaslike arbeidsmag en verseker dat mense die fokuspunt bly in die aanvaarding van nuwe tegnologie.

“Hier by Nust is ons oortuig daarvan dat dit moontlik is om nuwe vlakke van produktiwiteit te ontsluit.

“Dit terwyl mense in die middel geplaas word en betrokke raak by ’n multibelanghebbende vennootskap om oplossings te vind wat gehalte-werksgeleenthede, vaardighede en die behoud van werke, ondersteun,” het hy by die bekendstelling van die AIRA gesê.

Hiermee saam het Naomab aangekondig dat Nust vanaf volgende jaar twee nuwe kursusse in KI gaan aanbied – ’n baccalaureusgraad en ’n honneursprogram.

Die AIRA-laboratorium bevat onder meer die heel nuutste robotika, toerusting en 3D-drukker asook ’n mensagtige helperrobot, genaamd Aira.

“Die robot is ’n kritieke hulpmiddel wat navorsing oor mens-rekenaar-interaksies en outomatisering ondersteun.

“Hierdie laboratorium is nie net ’n tegnologiese mylpaal nie, dit verteenwoordig ons verbintenis om toekomstige generasies te vorm deur ons studente met vaardighede in KI en robotika toe te rus,” het hy gesê.

Dit volg op onlangse mediaberigte dat BoN N$6 miljoen gespaar het deur die gebruik van KI en ander tegnologiese ontwikkelings.

Die adjunkgoewerneur van BoN, Leonie Dunn, het by die bekendstelling van die AIRA gesê daar was geen werkverliese weens hierdie verwikkelinge nie, maar dat die sentrale bank se werknemers nou eerder hul aandag aan ander take kan wy aangesien KI die eentonige take namens hulle hanteer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!