• Tuisblad
  • Tegnologie
  • Ontwikkeling vir ruimtesentrum begin na verwagting teen volgende jaar

Ontwikkeling vir ruimtesentrum begin na verwagting teen volgende jaar

Iréne-Mari van der Walt
Die uitvoerende hoof vir die Q-Kon-groep, dr. Dawie de Wet, hoop dat die ontwikkeling van die Namibië Ruimtesentrum-projek teen die einde van die jaar of vroeg volgende jaar kan begin.

"Hierdie is die heel eerste keer dat sulke geriewe in Namibië ontwikkel word en ons moet bedryfs- en reguleringstrukture in lyn bring met mekaar om die geriewe te bou en te bedryf," het de Wet op navraag van Republikein gesê.

Belanghebbendes van die ruimtesentrumprojek moet voortaan met die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie (Cran) in verbinding tree en ’n aanbod vir satelietnetwerkoperateurs voorberei sodat dit vir kontrakte met die operateurs oorweeg kan word.

De Wet en die beleggingshoof vir Eos Capital, Frederico van Wyk, is dit eens dat die ruimtesentrum ekonomiese en tegnologiese verbetering sal meebring.

"Toegang tot inligting sal geweldige groeipotensiaal aanspoor. Betroubare breëband (verbinding) teen bekostigbare pryse is regoor Namibië nodig," deel van Wyk.

Volgens hom is daar tans ook planne om geriewe by nog twee plekke in Namibië op te rig om te sorg vir netwerkdekking landswyd.

"Hierdie projek is hoofsaaklik ’n belegging tot die vestiging van gevorderde tegnologiese vermoë wat meer projekte in die toekoms kan lei in die ruimtebedryf wat tans vinnig groei," verduidelik de Wet.

Die ontwikkeling van die ruimtesentrum sal ook vir Jan Alleman beter internetverbindings meebring. "Namibiërs sal die vinnigste en mees kostedoeltreffende toegang tot breëband- en internetdienste beskikbaar hê en dit net hier in Namibië," sê de Wet.

Dit sal verskeie sektore bemagtig om meer doeltreffend te werk.

"Die ekonomiese impak sal gesien word in die vorm van IoT (Internet of Things) en bedryfsgroei in die fasilitering van handel, onderwys en doeltreffendheid," sê van Wyk. Daarbenewens sal die ruimtesentrum ook na verwagting drie tot ses Namibiërs permanent in diens neem.

Van Wyk deel dat die ruimtesentrum ook sy deel sal doen om netwerkdekking in Suider-Afrika ’n hupstoot te gee.

"’n Onlangse impakontleding van die Google Equiano-studie het aan die lig gebring dat internetdekking in sub-Sahara Afrika op 26% staan in vergeleke met 40% vir Afrika," sê van Wyk.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A