PAS IN: 'n Derde van aktiewe simkaarte geregistreer
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (CRAN) sê dat nagenoeg 925 000 simkaarte reeds geregistreer is teen 30 September vanjaar. Hierdie dui daarop dat 33% van die aktiewe simkaarte landswyd geregistreer is. Hierdie beteken 3% groei in sim-registrasie sedert Junie 2023.
UCOM Mobile Namibia is die enigste telekommunikasiemaatskappy wat reeds al 1 113 van sy aktiewe simkaarte geregistreer het. Paratus beweeg nader aan hierdie doelwit met 5 152 van 5 437 aktiewe simkaarte geregistreer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie