No Image Caption

#PasIn: Vaste internetsubskripsies keer dakwaarts

Iréne-Mari van der Walt
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) het aangekondig dat 'n merkwaardige toename in vaste internetsubskripsies gedurende die vierde kwart van 2022 bemerk is.

Dié groeisyfer het van 22% gedurende die vierde kwart van 2021 na 89% in dieselfde tydperk van 2022 gestyg.

"Hierdie dui op 'n groeiende voorkeur vir hoër-spoed internetdienste, wat moontlik uit die toenemende vertroue in digitale tegnologie vir werk- en ontspanningsaktiwiteite spruit," het Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, gesê.

Die gebruik van mobiele data het met 8% gedurende die vierde kwartaal van 2022 gestyg.

Nghikembua het ook opgemerk dat die totale beleggings in die telekommunikasiesektor gedurende die laaste maande van 2022 gedaal het. Hierdie sal volgens Nghikembua in die lange duur 'n negatiewe uitwerking op dié sektor hê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!