Plaaslike kenner waarsku teen TikTok
Platform verban in verskeie lande
Mense word gewaarsku om nie toegang tot belangrike inligting of toepassings op gratis, openbare internetbronne te kry nie.
Salt Essential IT se bemagtigingspesialis, Vanessa Maresch, het digitale verbruikers afgeraai om die gewilde sosialemediaplatform TikTok te gebruik.
Dit nadat dié platform internasionale aandag getrek het weens bewerings dat dit meer as net die nodige inligting insamel sonder gebruikers se toestemming of medewete.
Die Namibiese maatskappy wat spesialiseer in digitale en kubersekuriteit sê hierdie modus operandi het daartoe gelei dat TikTok in verskeie lande wêreldwyd verbied is weens kommer oor privaatheid en kuberveiligheid.
VERBAN
Tech Explore berig dat TikTok in Pakistan, Afghanistan, Taiwan en Indië verban is en ook nie op die toestelle van werknemers van die Europese Unie toegelaat word nie.
Dit word ook nie toegelaat op regeringstoestelle wat deur die regerings van België, die Verenigde State van Amerika (VSA) en Kanada uitgereik word nie, ten spyte van voortdurende dispute hieroor.
“Dit het aan die lig gekom dat TikTok, ’n gewilde videoplatform, individue opspoor selfs wanneer hulle nie die toepassing gebruik nie,” lui ’n berig deur Privacy Wiki.
Maresch het gister dié opmerkings oor die sosiale media-reus gemaak tydens ’n opleidingsessie vir die bewusmaking van kuberveiligheid vir plaaslike mediahuise in Windhoek gemaak.
Dié opleidingsessie is een van ’n reeks sessies wat gesamentlik deur Salt Essential IT en die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie aangebied word om die publiek te bemagtig met die nodige kennis om kubermisdaad hok te slaan.
GEWILDSTE TRUUKS
Maresch voer aan dat een van die gewildste truuks wat swendelaars gebruik, is om uit die bloute ’n slagoffer te kontak en onder die dekmantel van ’n noodgeval die slagoffer vir persoonlike inligting of geld te vra.
Swendelaars moedig ook gereeld slagoffers aan om hul interaksies met hulle geheim te hou of hulle bied eenvoudig iets aan wat te goed is om waar te wees.
“As dit te goed is om waar te wees, dan is dit waarskynlik,” Maresch gesê.
Sy het gewaarsku dat mense nie toegang tot belangrike inligting of toepassings, soos aanlyn bankfasiliteite, op gratis, openbare internetbronne moet kry nie.
Belangrike skakels, soos dié wat na banke se webwerwe lei, moet ’n “s” voor die // in die webwerf se adres bevat. ’n Webbladsy met ’n adres wat met “http” begin en nie “https” nie, is nie veilig nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie