Plan om kuberruim vir Namibiërs te beveilig
Strategie tot 2027
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie het in 2022 'n plan in werking gestel om Namibië teen kuberaanvalle te beskerm.
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie (MICT) het onlangs gesê dat die reaksiespan vir nasionale sekuriteit- en kubervoorvalle (CSIRT) teen die einde van die jaar op die been sal wees.
Dit vorm deel van ’n omvattende plan vir nasionale kubersekuriteit wat reeds sedert 2022 van krag is.
Die MICT het tydens die Covid-pandemie die nasionale kubersekuriteitstrategie en -bewusmakingsplan vir 2022 tot 2027 bekend gestel en is in twee dele verdeel: die nasionale kubersekuriteitstrategie en die bewusmakingsplan vir kubersekuriteit.
Dié strategie stipuleer die ministerie se planne vir ’n veilige kuberruimte vir Namibiërs en beraam ook planne om kritieke infrastruktuur te versterk in die lig van toenemende kuberaanvalle die afgelope jare.
GEVARE
Die ministerie het bevindings uit verskeie bronne aangehaal as agtergrond waarteen die nasionale strategie vir kubersekuriteit opgestel is.
Kapersky.com het Namibië onder meer in Maart 2020 119de gelys onder lande wat onder kuberaanvalle deurloop.
Die ministerie sê die algemeenste kuberaanvalle in daardie stadium was kripto-verwante aanvalle, mobiele kuberaanvalle en losprysaanvalle.
Die mees algemene teikens vir kuberaanvalle was die onderwyssektor, staatsinstellings en die kommunikasiesektor.
“Tegnologiese platforms moet beskerm word en die kwesbaarstes moet bewus wees en onderrig word oor die gevare van die internet,” lui die nasionale strategiedokument vir kubersekuriteit.
Die Afrika-Unie-kommissie het ook ’n verslag uitgereik wat kuberbedreigings in Afrika ondersoek het. Hier is die grootste bedreigings slimfone en die internet, kripto-losprysware en sosiale meganismes wat kubermisdadigers gebruik om slagoffers te mislei om sensitiewe inligting te bekom.
EKONOMIESE VOORDELE
Die 2018 Namibiese Werksmagopname het getoon dat indiensneming in die inligting- en kommunikasietegnologiesektor met 20% vanaf 2016 gegroei het.
Die opname het ook getoon dat dit die vierde hoogste betalende sektor in die land is. Die sektor het egter in 2019 net 1,4% tot die bruto binnelandse produk (BBP) bygedra.
Die ministerie het egter steeds ’n geslagsgaping in betaling vir mans en vroue in dié sektor gevind. Mans het gemiddeld N$17 192 verdien vergeleke met vroue wat gemiddeld N$16 967 verdien het.
GEBRUIK
Teen die tyd dat die kuberstrategie opgestel is, het Namibië meer as 2,7 miljoen aktiewe mobiele gebruikers gehad met internetgebruik wat 96% van Namibiërs bereik het en 3G-breëband-konnektiwiteit wat aan 75% van die bevolking beskikbaar was.
’n Opname deur die Verenigde Nasies (VN) het getoon dat die gebruik van mobiele toestelle meer as 100% was, wat beteken dat daar meer toestelle in gebruik was as die bevolking. MICT skryf dit toe aan hoe bekostigbaar mobiele toestelle in Namibië is asook toegang tot mobiele dienste.
Tussen 2016 en 2018 het die gebruik van draadlose breëband in Namibië van 32,4% van die bevolking tot 64,9% gegroei.
Dit is bogemiddeld vir Afrika suid van die Sahara waar gemiddeld 39% van die bevolking terselfdertyd toegang tot dié breëband gehad het. In dieselfde tydperk het die aantal internetgebruikers in Namibië meer as verdubbel van 14,84% van die bevolking tot 31,03%.
Die ministerie het in die SWOT (Strengths, Weaknesses, Opportunities and Threats)-ontleding van die kuberstrategie gesê dat merkbare groei in digitale innovasies sakebeleggings na Namibië sal bring. Die IT-opleiding en kursusse by plaaslike universiteite sal ook kundiges in oorvloed oplewer om kuberveiligheid te bevorder.
PILARE
As deel van die nasionale strategie vir kuberveiligheid, het MICT vyf pilare uiteengesit.
Die eerste hiervan maak voorsiening vir ’n wetlike raamwerk wat in lyn is met internasionale standaarde.
Onder hierdie pilaar is die doel om beide ’n wet op databeskerming en ’n wet op kubermisdaad in werking te stel. Die ontwikkeling van hierdie wette sloer egter reeds vir jare met die konsepwet op databeskerming wat na meer as ’n dekade nog nie van krag is nie.
“Gepaste wetlike bepalings is nodig om die landswye ondersoek, vervolging en beoordeling van kuber-verwante misdaad te vergemaklik,” lui die kuberstrategiedokument.
Die konsepwette is gelys as ’n sterkpunt tydens die SWOT-ontleding van die kuberstrategie, maar die feit dat nie een van die konsepwette tot wetgewing bekragtig is nie, het MICT as ’n swakpunt gelys.
Nog ’n swakpunt wat uitgelig is, is vertragings in die implementering van die kubersekuriteitstrategie. MICT het dit gekoppel aan ’n gebrek aan relevante wetgewing en dit as ’n bedreiging bestempel.
Die tweede pilaar het ten doel om kapasiteit met betrekking tot kubersekuriteit te skep. Die hooftaak hier is om die CSIRT op die been te kry.
Nadat die CSIRT sy eerste begroting ontvang het, deel Cran dat hierdie taakspan moontlik reeds teen die einde van die jaar operasioneel sal wees. Oor die volgende twee jaar sal die CSIRT ook na verwagting begrotings ontvang om hul mandaat uit te voer.
Die CSIRT beoog om op kubervoorvalle te reageer deur verslag te doen, met belanghebbendes te kommunikeer en kuberbeleid en -prosedures in plek te stel.
Die derde pilaar het ten doel om alle internetgebruikers bewus te maak van die moontlike gevare en dit te vermy. Die bewusmakingsprogram vir kubersekuriteit is reeds van krag in samewerking met Salt Essential IT.
Dié private maatskappy bied Vrydae aanlyn sessies aan met wenke oor hoe om veilig op die internet en sosiale media te wees.
Die ministerie het die sterk bande met private ondernemings as een van sy sterkpunte in die SWOT-ontleding gelys, maar die gebrek aan platforms vir openbare en private entiteite om inligting oor data-oortredings te deel as 'n bedreiging bestempel.
Hierdie entiteite se onwilligheid om inligting oor data-oortredings te deel weens kommer oor skade aan hul reputasie en viktimisasie is ook as 'n bedreiging gelys.
MICT sal onder die vierde pilaar poog om beter samewerking op nasionale, internasionale en streekvlak te bevorder.
Kritieke nasionale infrastruktuur moet onder die vyfde pilaar geïdentifiseer en beveilig word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie