Projek betree digitale era
Maak wetgewing meer toeganklik
'n Databasis waar wetgewing verduidelik word, is in samewerking met die parlement en die ministerie van justisie ontwikkel en vir die eerste keer in 2015 gepubliseer.
’n Inisiatief wat kort voor onafhanklikwording in 1989 deur wyle adv. Anton Lubowski en Dianne Hubbard, ’n prokureur, van stapel gestuur is, het met die vestiging van ’n toepassing ’n nuwe era betree.
Die Namlex-inisiatief is in 1997 onder die Regshulpsentrum (LAC) se aandag gebring en sedertdien rus dié inisiatief Namibiërs toe met kennis oor die Namibiese Grondwet.
’n Databasis waar wetgewing verduidelik word, is in samewerking met die parlement en die ministerie van justisie ontwikkel en vir die eerste keer in 2015 gepubliseer. Hierdie geannoteerde wette is nou beskikbaar aan Namibiërs deur die Namlex-toepassing.
Om ’n wet te annoteer beteken ’n nota, opsomming of kommentaar word aangeteken oor ’n gedeelte van die wetgewing wat bedoel is om die betekenis daarvan te verduidelik of te illustreer. Die aantekening dien as ’n kort opsomming van die wet en demonstreer hoe ’n bepaalde wet bekragtig, geïnterpreteer en toegepas word.
“Ons is tans besig om statutêre opsommings by te voeg, wat sekere wette in leketerme opsom,” het Hubbard, ook die LAC se koördineerder vir geslagsnavorsing en aanbevelingsprojek, aan Republikein gesê.
“Mense moet weet watter wette tans van krag is met al die wysigings wat bygewerk is,’ het sy gesê.
Sy het die Windhoekse prokureur, me. Anél Stegmann vir haar bydrae bedank.
“Die toepassing was haar idee en sy was die dryfveer agter dit. Sy het vrywilliglik haar hulp aangebied en die LAC waardeer haar toewyding en voortdurende bydraes tot die LAC se databasis,” het Hubbard gesê.
Die toepassing bied ook inligting oor die nuutste staatsaankondigings.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie