Ter illustrasie Foto Elizabeth Joseph
Ter illustrasie Foto Elizabeth Joseph

Só reageer MTC op knaende vrae

SIM-kaarte onder bespreking
Die woordvoerder van MTC sê dié telekommunikasiereus sal geen persoonlike inligting deel voor die hof nie 'n bevel uitgereik het nie.
Irene Van Der Walt
Die registrasie van SIM-kaarte het vrae by Namibiërs laat ontstaan rakende die onderskepping van hul persoonlike inligting asook digitale veiligheid en sekuriteit.

Mnr. Frederico Links, ’n navorser verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), het ook sy kommer oor onder meer doelbewuste onderbrekings in kommunikasie uitgespreek.

“As ’n groep mense protes aanteken – wat hul demokratiese reg is – dan kan hul kommunikasie geblokkeer word. Ons het dit al in verskeie Afrikalande gesien,” het Links onlangs aan Republikein gesê.

MTC se woordvoerder, mnr. Erasmus Nekundi, het hierdie beweringe ontken.

“Natuurlik bestaan die kapasiteit om ’n seltoring tydelik af te sit, maar dit bestaan alleenlik vir die instandhouding van die infrastruktuur. Dit is standaard – as jy telekommunikasiedienste verskaf, maar jy kan nie die diens lewer nie, het jy geen plek in die bedryf nie. Ons het nie doelbewus die kapasiteit daarvoor geskep nie, dit is net hoe die stelsel werk. Ons het geen belang daarin om kommunikasie met opset te blokkeer nie,” het hy gesê.

EENPARTYDIGE HOFAANSOEKE

Die moontlikheid van ex parte-aansoeke wat by die hof ingedien word, het ook onder die loep gekom.

’n Ex parte-aansoek is ’n eensydige aansoek waar die applikant die enigste party voor die hof is.

Die Windhoekse prokureur mnr. Milton Engelbrecht meen hierdie is die logiese manier waarop dié aansoeke voor die hof gebring sal word indien ’n beskuldigde party in staat is om met bewyse te peuter.

“As jy weet hulle gaan jou selfoonrekords onderskep, kan dit moontlik wees dat jy sulke rekords kan verwyder sodat dit nie voor die hof gebring kan word nie,” verduidelik hy.

Nekundi het aan Republikein verduidelik dat dit waaroor Engelbrecht besorg is, nie moontlik is nie.

“Die rekords gaan direk na MTC se stelsel. Dus al word dit van ’n selfoon se oproeplys verwyder, is dit steeds op ons stelsel en ons verbruikers het nie toegang daartoe nie,” verduidelik Nekundi.

Die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), me. Toni Hancox, sê die redes vir ex parte-aansoeke moet eers voor die hof gebring word vir die hof om te beslis of die aansoek toegelaat of ter syde gestel moet word.

SLEGS ’N HOFBEVEL

Nekundi sê MTC sal geen persoonlike inligting deel voor die hof nie ’n bevel uitgereik het nie.

Hoewel die kommunikasiewet wat die registrasie van SIM-kaarte sal verplig, voorsiening maak vir dringende aansoeke om direk aan MTC gerig te word, hou Nekundi vol dat MTC slegs sal reageer op ’n wettige bevel van die hoërhof.

Hy het ook gereageer op die opleiding en oriëntering van personeel wat die persoonlike inligting sal hanteer.

“Ons risiko-afdeling sal sulke gevalle in noue samewerking met ons regsdepartement behartig om te verseker dat ons hierdie gevalle op die regte manier bestuur.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Up +0.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 761.48/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0021 | Zinc US$ 2 918.00/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 79.50/BBP UP +0.00% | Platinum US$ 954.10/OZ DOWN -0.0013 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Up +0.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 761.48/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0021 | Zinc US$ 2 918.00/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 79.50/BBP UP +0.00% | Platinum US$ 954.10/OZ DOWN -0.0013