'Simregistrasie gaan oor die halsband, nie die hond'
IPPR sê oor nuwe beleid
Die Namibië Sentrale Intelligensiediens sal volgens IPPR die meeste baat by simregistrasie.
Ogone Tlhage - Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) sê die vereiste simkaartregistrasies is bloot ingestel om massatoesig te bemagtig en nie noodwendig om misdaadbekamping te help soos wat die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie (MICT) beweer nie.
Dit volg ná die sperdatum vir die registrasie van simkaart verleng is. Verbruikers van mobiele dienste moet nou hul simkaarte teen 31 Maart registreer of aanvaar dat hul telekommunikasiedienste opgeskort sal word.
"Die manier waarop die ministeriële verklaring bewoord is laat dit klink asof simregistrasie hoofsaaklik gebruik word om misdaad te bekamp en om die implimentering van digitale dienste moontlik te maak," het IPPR in ’n meningstuk gesê.
"Hierdie bewoording word waarskynlik gebruik om die feit te verdoesel dat simregistrasie volgens die kommunikasiewet bowenal gebruik word om digitale toesig moontlik te maak, " aldus die opname.
HOOFBEGUNSTIGDE
Die grootste begunstigde van die proses sal volgens IPPR die Namibië Sentrale Intelligensiediens (NCIS) wees en nie agentskappe vir wetstoepassing nie.
"Die hoofbegunstigde is natuurlik die NCIS, wat ingebed is in die president se kantoor. Die NCIS is verantwoordelik vir misdaadintelligensie en om aan die voorpunt van die Namibiese staat se pogings teen terrorisme te wees," het IPPR gesê.
Die registrasie van simkaarte sal ook glo lei tot nie-diskrimineerende massabewaking van individue.
“In Namibië is nie-diskrimineerende massatoesig die logiese gevolg van verpligte simkaartregistrasie en grootmaatdatabehoud – elke pakkie telekommunikasiedata moet vir ’n tydperk van vyf jaar gestoor word en kan aan ’n geverifieerde en naspeurbare telekommunikasiediensgebruiker gekoppel word.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie