Slegs N$200 vanaf Windhoek na Swakop
Leerlinge en onderwysers het vir Sybrand de Waal oor sy passie vir elektriese voertuie gespot en toe hy klaar sy eksamen geskryf het, het hy die wiel aan die rol gesit.
Hy het ’n borgskap gekry om ’n voertuig van Electric Vehicles Namibia kus toe te ry en terug.
“Ek en juffrou Marien Hattingh vertrek Vrydagoggend en sal Dinsdag terugkom. Ons sal tussen een en ’n half uur tot twee ure langer ry omdat ons vier keer vir 15 minute moet stop om die voertuig te herlaai. Ons ry ons eie herlaaier saam omdat daar nie laaistasies langs die pad is nie. As daar laaistasies was, sou ons slegs ’n uur langer gery het en om 15 minute te stop om te herlaai, gee jou tyd om badkamer toe te gaan of om verversings te koop,” het hy gesê.
Volgens Sybrand sal die reis kus toe hulle N$200 uit die sak jaag; N$400 per retoerrit.
“Om die voertuig te herlaai kos sowat 50 sent per kilowatt per kilometer in vergelyking met ’n klein brandstofvoertuig wat N$2,50 en ’n bakkie wat N$3,50 kos. ’n Land Cruiser kos tot N$6 en dan praat ons nie eens van ’n dieselvoertuig nie.”
Die twee hoop om nie net mense aan te moedig om elektriese voertuie te koop nie, maar ook om beleggers te inspireer om in die nasionale infrastruktuur van laaistasies landswyd te belê sodat mense oraloor die land elektriese voertuie kan bestuur en geniet.
“Die voertuie stoot ’n kwart van die groenhuisgasse per kilometer in die lug in. Dus as die prysbesparing van brandstof nie jou lok nie, behoort dit jou te inspireer om in so ’n voertuig te belê.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie