Stormloop vir veseloptiese mark

Mariud Ngula,Rita Kakelo,Augetto Graig,Mathias Haufiku
Verskeie maatskappye het reeds miljoene belê in pogings om die pas aan te gee in woonbuurte waar mededinging tans hoog loop om gebruikers aan die veseloptiese-netwerk te verbind.

Veseloptiese-diensverskaffers val tans oor mekaar om woonbuurte tot hierdie netwerk te verbind en tot die land se bestaande netwerk, wat reeds oor 18 790 kilometer kabel strek wat gelê is, by te dra.

Die beskermheer hiervan in die hoofstad, die Windhoekse munisipaliteit, sê statistieke oor die stad se veseloptiese-netwerk is tans nie beskikbaar nie, omdat "die stelsel" wat die veseloptiese-netwerk opdateer, steeds onderweg is".

Stad Windhoek het egter bevestig dat 10 kilometer se veselkabel reeds vanjaar aangelê is. Die Khomasstreek het reeds ’n bestaande veseloptiese-netwerk van 1776 kilometer. Amptelike syfers dui daarop dat die munisipaliteit reeds 15 opdragte gegee het vir grond om braak gelaat te word sodat veseloptiese-infrastruktuur hier gelê kan word.

’n Gebrek aan verbinding skep ’n geleentheid vir belegging aangesien Windhoek - en die land in die geheel - se aanvraag vir digitale infrastruktuur uit sy nate bars.

"Gedurende die eerste kwartaal van 2024 was die totale aantal belegging N$267 miljoen en wat alle vorme van infrastruktuur vir telekommunikasie insluit. Ons het dit nie tussen die verskeie tipes infrastruktuur verdeel nie," het die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) se hoof van kommunikasie en gebruikersverhoudinge, Mufaro Nesongano, verlede week met NMH gedeel.

Terwyl die aanvraag vir genoegsame breëband-verbinding onder besighede, universiteite en huishoudings skerp toeneem, moet netwerkoperateurs groot geld opdok om by die aanvraag te kan byhou. Een van die grootste faktore wat die aanvraag dryf, is ’n groeiende jong bevolking wat internetverbinding nie meer as ’n luukse beskou nie, maar eerder as ’n noodsaaklike diens.

Vir Namibië se jongmense, wat meer as 2 miljoen van die bevolking is, bring ’n breëbandverbinding opvoedkundige-, ekonomiese- en sosiale geleenthede. Mobiele breëbandverbinding speel ’n belangrike rol, maar veselgebaseerde, vastelyn-infrastruktuur is ook noodsaaklik om mobiele torings te verbind en om gebruikers van bekostigbare toegang tot hoë spoed dienste te voorsien.

NOMMERS

Navorsing wat deur We Are Social gedoen is, dui daarop dat daar 1,37 miljoen internetgebruikers aan die begin van 2023 in Namibië was, vergeleke met 1,33 miljoen in 2022. In Januarie 2023 was daar 729 000 sosialemediagebruikers in Namibië en het 2,81 miljoen mense aktiewe mobiele verbindings op hul selfone gehad.

Data in die verslag het ook aangedui dat Namibiërs mobiele internetspoed teen ’n gemiddeld van 18,30 megagrepe per sekonde (mbps) en vaste internetspoed van 8,28 mbps in 2023 kon verwag.

Tussen Januarie 2022 en Januarie 2023 het die verslag getoon dat die gemiddelde spoed van mobiele internetverbinding met 1,69 mbps (8,5%) gedaal het, terwyl vaste internetspoed met 0,85 mbps (9,3%) gedaal het.

Volgens die Digital 2023-verslag van Namibië wat op DataReportal gepubliseer is, moet besighede en bemarkers die hoë koers van mobiele verbinding in Namibië benut om ’n wyer gehoor te bereik.

Die verslag het ook getoon dat byna die helfte van Namibië se bevolking, ten spyte van die toename in internetgebruikers, aflyn is en wat dui op potensiaal vir groei in internetdienste.

"Die groei in sosialemediagebruikers stel ’n verskuiwing in kommunikasie en die verspreiding van inligting voor, wat besighede munt uit kan slaan vir bemarking en kliëntebetrekkinge," lui die verslag.

Die vinnige groei van video, met stromingsdienste soos Netflix en Showmax, sal ook na verwagting groter druk plaas op netwerkoperateurs om kwaliteit en ononderbroke internetdienste te lewer.

In die sakesektor sal die aanvraag vir wolkdienste soos dié wat deur Amazon, Microsoft en Google gebied word, ook verder stremming plaas op diensteverskaffers wyl sakeondernemings poog om hul IT-infrastruktuur te verbeter.

ONDERHOUD

Huiseienaars in Windhoek word op ’n daaglikse basis onderwerp aan gate wat gegrawe word, wyl private kontrakteurs haas om veseloptiese-kabels te lê. Minstens drie inwoners van die Khomasdal-woonbuurt in Windhoek het onder voorwaarde van anominiteit aan NMH gesê dat maklik hulle woedend dat maatskappye nie sypaadjies en paaie herstel, wanneer hulle daar gegrawe het nie.

"My huis het plaveisel voor in die erf, maar hulle het net daar gegrawe, hulle werk gedoen en ’n gemors agtergelaat. Die manier hoe hulle die plaveisel teruggesit het, is so deurmekaar dat ek nou iemand moet kry om dit te kom oordoen teen ’n fooi," het een van die inwoners gesê.

’n Ander inwoner het gesê dat een van die maatskappye weke geneem het om die bourommel wat agtergelaat is, van die voorste deel van sy erf te verwyder. "Die paaie is ook beskadig en ongelyk as gevolg van die manier hoe hulle die gate vul," het die inwoner gesê.

Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, het by navraag gesê elke verskaffer van veseloptiese-dienste in Windhoek het sy eie infrastruktuurplan in plek.

"Die stad se betrokkenheid fokus hoofsaaklik op die versekering van hoë standaarde vir kwaliteit gedurende installering. Die herstel van paaie en sypaadjies volgens die stad se standaard is deel van die proses," het sy gesê.

Toetsgate word ook gebruik om beskerming en onderhoud tydens installasies te verseker.

"Private kontrakteurs wat verantwoordelik is vir die lê van veseloptiese-kabels word aanspreeklik gehou deur die voorwaardes in die bevel wat bepaal dat die grond ongesteurd gelaat moet word. Die voorwaardes dek verskeie aspekte waaronder die versekering van kwaliteit en die herstel van infrastruktuur tot die stad se standaarde. Dit word van kontrakteurs verwag om skade te beperk en te verseker dat die installeringsproses nie ’n negatiewe impak op bestaande infrastruktuur het nie," het Amutenya gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A