Struikelblokke, geleenthede op die pad na 4IR
Taakmag lê finale verslag voor
Dit is moontlik vir Namibië om die vierde nywerheidsrevolusie tot sy voordeel te gebruik, sê die taakspan.
Die nasionale taakmag wat Namibië se gereedheid vir die Vierde Nywerheidsrevolusie (4IR) moet vasstel, het gister aan die kabinet ’n voorlegging van hul finale verslag gedoen, met prof. dr. Anicia Peters wat uitgebrei het oor die bevindinge en voorstelle wat uit hul opdrag spruit.
4IR verwys na die wêreld se oorgang na die inspan van tegnologie om industrieë te vergemaklik.
Die taakmag is in Julie 2021 deur president Hage Geingob saamgestel en bestaan uit Peters as voorsitter, mnr. Dino Balloti (adjunkvoorsitter), prof. dr. Kenneth Matengu, dr. Erold Naomab, prof. dr. Tshilidzi Marwala, me. Nashilongo Gervasius, me. Grace Hamaukaen, dr. Martyn Davies en me. Daisry Mathias (presidensiële raadgewer).
Peters sê die land het ’n goeie grondslag om 4IR te kan benut, maar daar is struikelblokke om te oorkom.
“Daar is hoop, belofte en potensiaal vir Namibië en die hope navorsing deur ons span het ook ons oë geopen.”
Namibië vaar redelik goed in vergelyking met ander Afrikalande, volgens Peters.
Kragtoevoer kan verbeter indien “nasionale groenwaterstof” genoegsame hernubare kragbronne voorsien. Infrastuktuur in terme van vervoer, krag, water, vaste afval en digitale infrastruktuur moet verbeter.
Net sowat 21% van Namibiërs het toegang tot ’n rekenaar of selfoonkommunikasie en datakoste vir beide is hoog.
“Kubermisdaad is ’n groot risiko. Die wetgewing kan nie byhou nie. Onderwys en opleiding is noodsaaklik. Ons benodig vaardighede – ’n mengsel van wetenskap, tegnologie, wiskunde, ingenieurswese en die kunste, ook gevorderde digitale vaardighede en sagte vaardighede.
“4IR beweeg vinnig soos met programmering, waarin ons onderwys ook nie byhou nie. Belyning van leerplanne benodig dringend aandag. Die werkloses kry nie steun om nuwe vaardighede by te leer nie, of om vir nuwe werksgeleenthede voor te berei nie. Byvoorbeeld is geen gratis aanlyn kursus beskikbaar wat in Namibië gedoen kan word nie,” brei sy uit.
“Kodering behoort vanaf laerskoolvlak aangebied te word. Die gehalte van die wetenskap, wiskunde en digitale opleiding is onvoldoende. Ons onderrigstyl word steeds op memorisering gegrond,” sê sy.
Beroepsopleiding is ook nie toepaslik nie; nogtans is innovasie volop en word dit deur digitale tegnologie vergemaklik, sê sy.
“Ons het wel in hierdie land die fondament om na 4IR te kan oorskuif,” sê sy. Plaaslike vennootskappe en plaaslike innoveerders moet steun kry. Beleid en wetlike raamwerk moet aangepas word, sê sy.
VOORSTELLE
Sy sê kernkwessies word in die taakmag se voorstelle uitgebeeld.
Namibië benodig ’n nasionale strategie, hervorming van sy onderwys, ’n “groen” nasionale datasentrum, regshervorming, vinniger ontwikkeling van infrastruktuur, ’n nasionale padkaart na die toekoms van die werkplek, beter kubersekuriteit, toegang tot die globale handelsomgewing, meer elektroniese regering, omvattende navorsing en ontwikkeling en ’n nasionale instituut vir kunsmatige intelligensie, volgens die bevindinge.
Geingob het insette van sy kabinetsministers gevra en onder andere het minister Calle Schlettwein van landbou, water en grondhervorming sy kommer oor 4IR op die samelewing en landbou-arbeid uitgespreek.
“Daar kom maatskaplike nagevolge van ’n nywerheidsrevolusie. Daar is geen beheer oor ’n samelewing op die internet nie. ’n Toesiggemeenskap het groot impak oor hoe ons lewe. Is ons demokrasie reg om hierdie revolusie te verwelkom?” vra Schlettwein.
Peters sê besonderhede in die voorstelle sluit in die omheining van ekonomiese sektore om werksgeleenthede teen outomatisering te beskerm.
Geingob het verdere gesprekvoering aangemoedig en almal aangeraai om vir Namibië se nywerheidsontwikkeling te werk. “As ons nie by hierdie nuwe revolusie aansluit nie, word ons agtergelaat,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie