Student se KI-toep 'bied tweede opinie'

Iréne-Mari van der Walt
Die vierdejaarstudent wat kunsmatige intelligensie (KI) ontwikkel het om breingewasse te diagnoseer, sê hy wil graag dié stelsel uitbrei om verskillende soorte gewasse in verskeie dele van die liggaam te kan diagnoseer.

’n Gebrek aan data kniehalter tans hierdie droom van Douglas Mashonganyika.

“Die grootste probleem met die verkryging van data spesifiek van die mediese veld is kwessies wat verband hou met privaatheid en etiek. Jy kan nie net na ’n dokter gaan en pasiënte se inligting vra nie, dus moet ons op data staatmaak wat in die openbaar beskikbaar is,” het hy sê.

Douglas is tans ’n rekenaarwetenskapstudent aan die Universiteit van Namibië (Unam) en het die KI-toepassing, Medalgo, wat gratis afgelaai kan word, as sy finale projek ontwikkel. Medalgo kan breingewasse van magnetiese resonansie-beelding (MRI)-skanderings identifiseer en klassifiseer.

Die inspirasie vir Medalgo het vir Douglas gekom van ’n breingewas wat hy op die ouderdom van twee jaar en elf maande moes laat verwyder.

“Die verband tussen die twee (sy breingewas en die idee om Medalgo te skep) het gekom van die feit dat my ma ’n tweede opinie gesoek het,” verduidelik Douglas, wat eers as kind verkeerd gediagnoseer is.

“Ek het die toepassing geskep om ’n tweede opinie te bied. As mense verkeerd gediagnoseer word, kan hulle moontlik nie betyds behandel word nie,” sê hy.

Douglas het in die Noorde grootgeword en het tydens sy skoolloopbaan by die Gabriel Taapopi Sekondêre Skool 'n liefde ontwikkel om probleme op te los en het ’n sagte plek vir wiskunde.

Hy wou oorspronklik aktuariële wetenskappe studeer, maar sy ouers kon dit nie bekostig nie. Douglas het toe ’n graad in rekeningkunde gevolg. Hy het egter vinnig besef dat rekeningkunde nie sy liefde om probleme op te los aangewakker het nie.

“Dit was nie regtig iets wat ek wou doen nie, maar dit was iets om te doen. Ek kan mos nie net by die huis sit en niks doen nie,” sê hy.

Douglas het homself aanlyn geleer hoe om te kodeer deur freecodecamp.org en het sy ouers probeer oorreed om hom toe te laat om na rekenaarwetenskap oor te skakel.

Sy ouers het hom uiteindelik toegelaat om sy studierigting aan die einde van sy tweede jaar in rekeningkunde te verander.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 20° | 31° Oshakati: 19° | 30° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 29° Mbabane: 12° | 28° Maseru: 14° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 20° | 29° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 15° | 23° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 14° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 16° | 25° #REF! #REF!