Telecom wil nog N$27 m. in optieseveselnetwerk belê
Telecom Namibia (TN) sê hy het N$35,5 miljoen in 2023 en 2024 belê in die voltooiing van agt projekte wat hoofsaaklik onderbediende gebiede met die optieseveselnetwerk verbind het.
Telecom beoog ook om nog N$27 miljoen oor die komende jaar in die optieseveselnetwerk te belê.
“Die doel is om Namibië se kommunikasie-infrastruktuur te moderniseer en daardeur stadige, verouderde koperinfrastruktuur te vervang wat geneig is om gesteel en gesaboteer te word,” lui ’n verklaring van Telecom.
Deur hierdie projekte is altesaam 233 858 meter optieseveselkabels geïnstalleer, wat 7 838 erwe aan die optieseveselnetwerk verbind het.
“Telecom Namibia se groeiende optieseveselnetwerk is gereed om verskeie sektore van die Namibiese ekonomie te rewolusioneer.
“Verbeterde konnektiwiteit sal toerisme bevoordeel deur meer besoekers soos digitale nomades en dit vergemaklik kommunikasie tussen besighede en toeriste.
“Nywerheidsontwikkeling sal ook bespoedig word deur digitale transformasie en afstandwerk wat moontlik gemaak word deur die hoëspoed-optieseveselnetwerk,” lui Telecom se verklaring.
Klein- en medium-handelaars sal ook na verwagting bemagtig word en entrepreneurskap en ekonomiese groei teweeg bring. Die sektore van gesondheid, onderwys, eiendom en landbou kan ook grootliks baat by verbeterde toegang tot die internet.
- [email protected]
GRYS BLOK:
Hierdie gebiede het almal baat gevind by Telecom se uitbreiding van die optieseveselnetwerk:
• Okahandja
• Windhoek: Noordooste
• Windhoek: Noordweste
• Windhoek: Landelike gebiede
• Windhoek: Sakekern
• Windhoek: Suid
• Swakopmund
• Walvisbaai
• Ondangwa
• Oshakati
• Katima Mulilo
• Otjiwarongo
• Rundu
• Tsumeb
• Oranjemund

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie