Foto ter illustrasie/Iréne-Mari van der Walt
Foto ter illustrasie/Iréne-Mari van der Walt

Trap liggies vir TikTok, waarsku MICT

Kommer oor privaatheid, sekuriteit
Die sekuriteitskenners beweer dat die toepassing se privaatheidsbeleid teenstrydig is met die vlak van privaatheid wat gebruikers verwag
Iréne-Mari van der Walt
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie (MICT) se woordvoerder het gebruikers van die sosiale media platform, TikTok, gewaarsku om die toepassing se terme en voorwaardes noukeurig na te gaan en te verstaan voor hulle dit aanvaar.

"TikTok se metodes vir die insameling, stoor, gebruik, bestuur en verspreiding van gebruikers se persoonlike inligting het ernstige kommer oor privaatheid en sekuriteit veroorsaak. Die sekuriteitskenners beweer dat die toepassing se privaatheidsbeleid teenstrydig is met die vlak van privaatheid wat gebruikers verwag, en dit stel hulle bloot aan kuberaanvalle," het die ministerie se woordvoerder, Shoki Kandjimi gesê.

Kandjimi het verder gesê daar is geen beleid in plek wat dienste soos TikTok uit Namibië kan hou nie. Ook is hierdie diensverskaffers nie in Namibië geregistreer of gelisensieer nie.

Die digitale kenner Paul Rowney meen alle sosialemediaplatforms moet onder dieselfde kam geskeer word. "Die rede hoekom daar internasionaal geraas gemaak is oor TikTok, is omdat dit deur die Chinese staat besit word. In die Westerse wêreld word die sosialemediaplatforms deur kommersiële maatskappye besit. Hulle is altwee sleg, maar die enigste verskil is hoe die inligting bestuur word," sê hy.

Rowney glo dat Europeese owerhede tans die pas aangee wat privaatheid betref.

"Europa doen dit reg - hulle val nie net vir TikTok aan nie, hulle vat al die spelers aan," het hy gesê. In April vanjaar het die Europese Unie (EU) vasgetrap teen TikTok se beloningstelsel waarmee bestaande gebruikers met geld of koopbewyse beloon is wanneer iemand op hulle verwysing TikTok afgelaai het oor vrese dat dit verslawend kan wees. Die Verenigde Koninkryk het ook ’n verbod op die installering en gebruik van TikTok op 16 Maart op selfone ingestel wat deur die regering aan sy werkers verskaf is.

Rowney verduidelik dat gebruikers van sosiale media met hul privaatheid betaal. "Jy laai die toepassing verniet af, want jy betaal met jou privaatheid wanneer jy jou inligting oorgee," het hy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A