Blik op destydse Duitswes se donker geskiedenis
‘Der Vermessene Mensch’ eersdaags op die grootskerm
Die Namibiese première van die rolprent Der Vermessene Mensch, ofte wel Measures of Men, vind op 1 Maart by die Goethe-Instituut in die hoofstad plaas.
Hier sal jy die kans hê om die vervaardigers, regisseur, filmspan en akteurs agter die rolprent te ontmoet.
Die langverwagte film vier sy wêreldpremière by die 73ste Berlynse Internasionale Rolprentfees (Berlinale) en sal vanaf 23 Maart in Duitse rolprentteaters draai.
Der Vermessene Mensch is ’n 2023-drama geregisseer deur Lars Kraume met Leonard Scheicher en Girley Jazama in die hoofrolle.
In dié historiese drama word ’n etnoloog gekonfronteer met ’n volksmoord in Duitsland se kolonie in die destydse Suidwes-Afrika aan die begin van die 20ste eeu.
WAAROOR GAAN DIT?
Alexander Hoffmann (Scheicher) is ’n ambisieuse PhD-student in etnologie aan die Friedrich Wilhelm Universiteit.
Toe ’n afvaardiging van Herero- en Nama-mense van die destydse Duitse Suidwes-Afrika-kolonie na Berlyn reis as deel van die Duitse Koloniale Uitstalling ontmoet Alexander die groep se tolk, Kezia Kambazembi (Jazama), ’n Herero-vrou. Hy ontwikkel ’n intense belangstelling in die Herero's en Nama-mense – veral in Kezia – en nadat hy hulle ontmoet en met hulle gepraat het, begin hy die algemene rasseteorie van evolusie bevraagteken.
’n Kort wyle later breek daar oorlog in die Duitse kolonie uit. In 1905, te midde van ’n volksmoord nadat die Herero- en Nama-mense teen hulle “heersers” in opstand gekom het, reis Alexander na Afrika onder beskerming van die keiser se weermag en versamel artefakte en kunswerke wat agtergelaat is vir die Berlynse Volkekunde-museum. In werklikheid gaan hy egter voort om bewyse vir sy tesis te soek – en vir Kezia, die tolk wat hom so gefassineer het. Hier moet Alexander aanskou hoe Duitse soldate die volksmoordbevel op ’n onmenslike wyse uitvoer. Maar die etnoloog steek ook al hoe meer morele grense oor wanneer hy instem om Herero- en Nama-gebeentes vir sy professor in Berlyn te stuur vir navorsingsdoeleindes. . .
Die film het ’n ouderdomsbeperking van 16 en is in Duits en Otjiherero met Engelse onderskrifte. Die première begin om 18:30 vir 19:00 en toegang is gratis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie