Beamptes tydens gister se bekendstelling van die PPP-inisiatief by die Namibiese Sportkommissie. Foto Tielman van Lill
Beamptes tydens gister se bekendstelling van die PPP-inisiatief by die Namibiese Sportkommissie. Foto Tielman van Lill

Meevallertjie vir atlete

Tielman Van Lill
Botswana en Namibië het in 2020 ’n ooreenkoms vir die Podium Performance-program onderteken, maar weens onvoorsiene omstandighede kon dit nie in werking gestel word nie.

Die uitsluitlike doel is om atlete van verskillende sportkodes te identifiseer. Dié atlete sal intensief met spesialishoëprestasieprogramme afgerig word om hul volle potensiaal op kompeterende elite vlak te bereik. Salome Iyambo van die Namibiese Sportkommissie is die hoofkoördineer.

Die program skop vandeesweek af wanneer ’n span van 52 atlete, 12 afrigters, vyf tegniese beamptes, vyf beamptes, vier joernaliste en twee paramedici na Gaborone vir hul eerste oefenkamp vertrek.

Die atlete sal van 25 tot 28 April in atletiek, amateurboks, judo, karate en para-atletiek afgerig word.

Op 29 April vind ’n Wêreldatletiek-byeenkoms (Kontinentale Toer goue status) in Gaborone plaas waar Namibiese atlete sal deelneem.

Die groot byeenkomste wat vir atlete wag is onder andere die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk en die 2024 Afrika-spele in Ghana.

Vier atlete van Botswana en Namibië asook Streek 5-lande van die Afrika-unie sal elke drie maande by The MTC Dome se hoëprestasiesentrum in Swakopmund afgerig word. Die kostes van die atlete sal deur die Afrika-uniesportraad (AUSC Streek 5) betaal word wat The Dome as eerste keuse venue goedgekeur het.

Fietsry, netbal, swem en amateurstoei is ook deel van die PPP-program.

Die voorlopige Namibiese span:

Atletiek: Gilbert Hainuca, Hatango Murere, Elvis Gaseb (100, 200 meter), Lionel Coetzee (100, verspring), Mervin Appolus (200), Ivan Danny Geldenhuys, Elton Hoeseb (400 m), André Retief (400, 400-hekkies), Ryan Williams (skyfwerp); Sadé de Sousa, Ndawana Haitembu, Jade Nangula, Fikunawa Hanganeni (100, 200), Johanna Ludgerus (100, 400 m), Nandi Vass (200, 400), Inosensia Haingura (400), Alessandra Kaura (verspring), Tuané Silver (gewigstoot).

Para-atletiek: Ananias Shikongo, Johannes Nambala, Petrus Karuli, Chris Kinda (400 m).

Boks, mans: Elifas Imene (48 kilogram), Johannes Trofimus (54 kg), Elifas Shailemo (60 kg), Divas Uushona (63.5 kg), Jonas Lukas (67 kg), Petrus Festus (75 kg), Phillip Heveleni (80 kg), Gerhard Iipinge (86 kg).

Boks, vroue: Ndapandula Ngesheya (48 kg), Mirjam Nghilongwa (50 kg), Naanda Shalongo (57 kg), Melissa Sekera (66 kg).

Judo: Rowan Esau, Ian Esau, Vatiraije Tjipueja, Gerzano Mouton; Michaella Soabes, Channellee Aochamus.

Karate: Keanu Stuurman, Timothy Coleman, Titus Nakambonde, Joshua Kunneke, Phillip van Antwerpen, Julio Mwiya, Freddy Mwiya; Suzelle Pronk, Miriam Idiuo, Requelle Rickerts, Ronja Porteus.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!