25ste Toerisme Ekspo om die draai
Die gewilde Toerisme Ekspo word volgende week vir die 25ste keer aangebied en die Windhoek Buitekluboord speel weer gasheer.
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, open Woensdag vanjaar se ekspo wat weer onder die vaandel “Beyond Borders” gehou word met ’n spesiale fokus vanjaar op die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza TFCA), ofte wel Kaza.
Kaza is oorspronklik in 2011 gestig en word deur vyf lande – Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe – as vennote bestuur. Die fokus is op bewaring as primêre vorm van grondgebruik en toerisme as ’n belangrike byproduk.
Die doel van die Kaza-TFCA is om volhoubaar die
Kavango-Zambezi-ekostelsel, sy erfenis- en kultuurgebaseerde hulpbronne te bestuur, gegrond op beste bewaring- en toerismepraktyke vir die sosioëkonomiese welstand van die gemeenskappe en ander rolspelers.
Die oorgrenspark strek oor ’n beraamde 520 000 vierkante kilometer, wat dit die grootste oorgrens- beskermde gebied in die wêreld maak. Dit sluit die Okavango- en Zambezi-rivierkomme in, sowel as verskeie habitatte binne die grense van Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe. Dit bestaan uit 36 amptelike geoormerkte nasionale parke, sowel as ’n verskeidenheid van bewaringsgebiede, gemeenskaplike woude en konsessiegebiede vir toerisme.
“Om ons verbintenis te behou deur die Toerisme Ekspo as ’n netwerkplatform te vestig, asook ’n platform waar nuwe idees gedeel kan word, sal netwerksessies wat op toerisme gefokus is op 25 en 26 April by die ekspo plaasvind.
“Onderwerpe wissel van nuwe en kreatiewe idees vir toerismeprodukte en geleenthede wat voortspruit uit die ontdekking van olie en gas, asook vele meer.“
“Ons het ervare aanbieders, sowel as jong en energieke Namibiërs wat hul kennis gaan deel," sê Maggy Mbako, Namibia Media Holdings (NMH) se woordvoerder.
Vir meer inligting oor die Toerisme Ekspo, stuur ’n WhatsApp-boodskap met die teks #Expo na 085 785 6231 of besoek die webtuiste nte.nmh.com.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie