IMPORT: Two US hunters want permits for the importation of their rhino trophies from Namibia. Photo: FILE
IMPORT: Two US hunters want permits for the importation of their rhino trophies from Namibia. Photo: FILE

Amerikaanse jagters wil jagtrofees van renosters invoer

Verbod reeds op dié van olifante geplaas
Die twee swartrenosters Lippie (28) en Willem (31) is in Namibië gejag.
Ellanie Smit
Die Verenigde State (VS) Vis- en Wildlewediens het die publiek in kennis gestel en vir kommentaar gevra oor twee aansoeke wat van Amerikaanse jagters in Texas en Florida ontvang is om jagtrofeë van twee swartrenosters uit Namibië na die land in te voer. Die twee swartrenosters - Lippie en Willem, onderskeidelik 28 en 31 jaar oud - is in Namibië gejag.

“Ons nooi die [Amerikaanse] publiek uit om kommentaar te lewer op aansoeke vir sekere aktiwiteite wat verband hou met uitheemse spesies wat as bedreig gelys is in die wet op bedreigde spesies (ESA)," lui ’n verklaring. Die sluitingsdatum vir kommentaar is 24 Oktober.

Verskeie lande wêreldwyd het begin om die invoer van jagtrofees van Suider-Afrikalande, insluitend Namibië, te verbied. Die VS se Vis en Wildlewediens het vroeër vanjaar ’n invoerreël aangekondig oor lewende Afrika-olifante en jagtrofees van olifante. Dit het effektief ’n verbod geplaas op jagtrofees van olifante van sekere lande wat gewilde bestemmings is vir trofeejagters.

JAGFOOIE

Met betrekking tot die invoer van renostertrofees het die internasionale regsdirekteur vir die sentrum vir biologiese diversiteit, Tanya Sanerib, in ’n verklaring gesê dat dit tragies is dat trofeejagters groot geld betaal vir die voorreg om bedreigde diere dood te maak wanneer die fokus daarop moet wees om die spesie te herstel.

"Hierdie betaal-om-te-speel-stelsel maak dat rariteit voortbestaan. Dit pas ryk jagters wat eksotiese diere wil jag, maar nie kritiek bedreigde diere soos Lippie en Willem nie."

Albei die renosters is in 2022 gejag - een by die Erindi Private Wildreservaat en die ander in die Mangetti Nasionale Park. Volgens die aansoeke het die jagters US$250 000 (byna N$4.3 miljoen teen gister se wisselkoers) elk in jagfooie betaal. Die geld is vir teenstropingsaktiwiteite in Namibië gegee, volgens dokumente op die webblad van die Amerikaanse diens.

Die jagters het glo gevra vir permitte om die trofees van Namibië af in te voer "met die doel om die voortplanting of oorlewing van die spesie te verbeter".

Die aansoeke en ondersteunende materiaal is in lyn met wetgewing bekendgemaak, wat vereis dat die Amerikaanse publiek kennisgewing en die geleentheid om kommentaar te lewer ontvang in verband met aansoeke om bedreigde spesies soos swartrenosters in te voer.

Om die permitte uit te reik moet die VS se diens nie net bevind dat die trofeejag nie nadelig is vir die oorlewing van die spesie nie, maar dat dit die spesie se oorlewing help. Die publiek het 30 dae om bewyse in te dien dat dié bevindinge nie gemaak kan word nie. Die laaste permit om ’n jagtrofee van 'n swartrenoster in te voer, is in 2019 in die VSA uitgereik.

Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, het gesê dat die verbod op die invoer van jagtrofees van Suider-Afrikalande, soos deur verskeie Europeese lande voorgestel, bewaring in Namibië tot niet sal maak.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.53 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.76 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1657.11 | USD to ZAR 17.54 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 648.89/OZ DOWN -0.0026 | Copper US$ 4.58/lb UP +1.23% | Zinc US$ 3 201.50/T UP 2.54% | Brent Crude Oil US$ 78.73/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 992.81/OZ UP +0.05% #N/A