‘Anti-gay’-wetgewing sal nie toeriste afskrik, sê Shifeta
'Niemand sal geteister word nie'
Die minister het gesê die wetsontwerpe teen selfdegeslaghuwelike wat onlangs deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, is glad nie soos dié wat die Ugandese president onlangs onderteken het nie.
Ellanie Smit - Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, glo nie die “anti-gay”-wetsontwerpe wat onlangs deur die Nasionale Vergadering (NV) goedgekeur is, sal ’n groot impak op toeriste-aankomste in Namibië hê nie.
Terwyl die wetsontwerpe tans onder die loep geneem word, is dit nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie.
“Niemand sal geteister word nie, wat ook al jy is, en dit het nog nooit vantevore gebeur nie. Ek dink dit is net om te verstaan wat die wet sê en die definisie van daardie wet.
“Natuurlik was dit ’n radikale verandering in definisie, maar ek dink nie dit sal ons sektor benadeel nie,” het minister Pohamba Shifeta gesê.
Hy het verwys na die wetsontwerpe – wat deur Swapo se Jerry Ekandjo ter tafel gelê is – wat onder meer gepoog het om die term “eggenoot” ’n ondubbelsinnige heteroseksuele betekenis in die Huwelikswet te gee.
“Ons sal moet wag en sien, maar ek voorspel geen groot verskuiwing in toerismebesoeke aan Namibië of dat dit ’n struikelblok sal wees nie,” het hy gesê.
‘NIE SOOS UGANDA’
Shifeta het daarop gewys dat Namibië se wet ’n definisie is van maatreëls om voorspraak vir sekere handelinge te voorkom en sekere gevolge in plek te stel, maar bygevoeg dit is nie soortgelyk aan wat ander lande doen nie.
Hy het verwys na die Ugandese president, Yoweri Museveni, wat onlangs een van die wêreld se strengste anti-LGBTQ-wette onderteken het, wat sal meebring dat oortreders die doodstraf kry vir “swaar homoseksualiteit”. Dié stap is deur Westerse gemeenskappe veroordeel en het die risiko van sanksies deur Uganda se donateurs meegebring.
Selfdegeslagverhoudings was reeds onwettig in Uganda – soos in meer as 30 Afrikalande – maar die nuwe wet neem dit ’n stap verder.
Dit bepaal die doodstraf vir “reeksoortreders” en bepaal ook ’n vonnis van 20 jaar vir die “voorspraak” vir homoseksualiteit.
OORWELDIGENDE ONDERSTEUNING
Die Nasionale Raad (NR) het verlede maand Ekandjo se wetsontwerpe goedgekeur waarin hy ingevolge artikels 81 en 4 van die Namibiese Grondwet ’n hooggeregshofbeslissing oor selfdegeslaghuwelike weerspreek.
Hy het ook ’n wetsontwerp ter tafel gelê om afdelings van die Huwelikswet te verander, insluitend die definisies van die terme “huwelik”, “selfdegeslaghuwelik” en “eggenoot”.
Die wetsontwerp poog verder om selfdegeslaghuwelike en die formalisering en erkenning daarvan te verbied.
Die wetsontwerpe is met minimale wysigings goedgekeur en is oorweldigend deur beide kante van die huis (parlement) ondersteun.
Dit is in die parlement ter tafel gelê nadat Ettiene Maritz, die uitvoerende direkteur van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, gesê het die ministerie sal by die uitspraak van die hooggeregshof hou om selfdegeslaghuwelike wat wettig buite die land voltrek is, te erken.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie