ATI Holidays
ATI Holidays

ATI Holidays erken vir volhoubare praktyke

Henriette Lamprecht
Die reismaatskappy ATI Holidays is amptelik erken as ’n “besigheid vir goed” deur ’n B Korp-sertifisering te behaal, wat ’n beduidende stap vorentoe in die toerismebedryf merk, en ’n verskuiwing na volhoubare en verantwoordelike sakepraktyke bevorder.

ATI Holidays wat in Windhoek gebaseer is, is die eerste reismaatskappy in suidelike Afrika wat dié sertifisering behaal het.

B Korporasies of B Korps is ’n groeiende groep maatskappye wat hul besighede ’n nuwe baadjie gee deur buiten vir wins ook ’n doel na te streef.

Die niewinsgewende organisasie B Lab het ATI Holidays gesertifiseer, nadat die maatskappy aan die streng maatskaplike en omgewingstandaarde voldoen het en wat sy toewyding vir doelwitte buiten wins vir aandeelhouers verteenwoordig.

Die sertifisering dek vyf sleutelaspekte van bestuur, werknemers, gemeenskap, die omgewing sowel as kliënte. Maatskappye moet bewys kan lewer van maatskaplike en omgewingsverantwoordelike praktyke, wat energieverskaffing, die gebruik van afval en water, werkersvergoeding, diversiteit en korporatiewe deursigtigheid insluit.

ATI Holidays is nou deel van ’n gemeenskap van meer as 6 500 besighede wêreldwyd, insluitend 56 in Afrika, wat as B Korps gesertifiseer is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer