Besettingsyfers plaas fokus op visum-kommer
Junie vanjaar effens laer as in 2023
Die toerismebedryf hou steeds sy asem op om te sien of die nuwe visumvereistes die bedryf 'n knou gaan toedien.
Akkommodasiesyfers het in Junie ’n besettingskoers van 47,3% getoon.
Dit is 3% laer as dieselfde tydperk verlede jaar en 4% laer as dieselfde tydperk voor die pandemie in 2019.
Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), Gitta Paetzold, sê Junie is oor die algemeen ’n stil maand vir die toerismebedryf voor die pas weer in Julie optel.
“Dit is dalk net toevallig ná Namibië se aankondiging einde Mei vanjaar oor strenger visumvereistes wat van volgende jaar af al die land se sleutelmarkte gaan raak,” het sy gesê.
BEKOMMERD
Paetzold het gesê dit is nog te vroeg om die impak van die nuwe visumvereistes op die land se toerismebedryf te bepaal.
Sy meen egter daar is geen manier om die bedryf se kommer te ontken nie. Die bekommernisse sluit onder meer inligting oor die nuwe visumstelsel en -proses in, asook vrae oor visums wat vir ’n vasgestelde tydperk uitgereik word waarmee reisigers toegelaat sal word om Namibië ’n onbepaalde aantal kere binne te gaan en te verlaat, asook spesiale bepalings vir dagbesoekers.
“Met die skerp styging in pryse vir langafstandvlugte in Europa, as gevolg van die klimaatheffings en belasting, staar ernstige uitdagings die Namibiese toerismebedryf oor die komende maande in die gesig,” het sy gesê.
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het onlangs aangekondig dat die burgers van 33 lande vanaf volgende jaar visums moet hê om Namibië binne te gaan.
Hulle sal met aankoms vir visums kwalifiseer deur die voorgeskrewe fooie te betaal en aan die toegangsvereistes te voldoen.
Die koste vir die visum is op N$1 600 per aansoeker vasgestel met die nuwe visumregulasies wat op 1 April volgende jaar in werking sal tree.
BEMOEDIGEND
Paetzold het gesê dit is bemoedigend om te sien dat besettingsyfers vir die eerste helfte van vanjaar verlede jaar se syfers met byna 5% op 43,3% oorskry het. Hierdie syfers het selfs 2019 se syfer – 40,4% – oortref.
“Hierdie statistieke lewer bewyse dat, minstens vir die bona fide-toerismebedryf, het die syfers vir mense wat vir vakansie en ontspanning reis ten volle sedert 2019 herstel, selfs al het die aantal mense wat Namibië binnekom nog nie die 2019-vlakke bereik nie,” het sy gesê.
Junie se besettingsyfers toon positiewe groei van die sentrale Europese mark, spesifiek Frankryk (6,9%), Italië (4,1%) en Duitssprekende lande – Duitsland, Oostenryk en Switserland – met 28,1%.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie