Bestuursplan wil leeus beskerm
Die afgelope jaar het verskeie troppe leeus die kus besoek en mariene voedselbronne (hoofsaaklik kaapse pelsrobbe) tussen die Koigab-robkolonie, die Uniab-delta en die Hoanibriviermond benut, het die Desert Lion Conservation Trust (DLCT) op sy Facebook-blad gesê.
Teen die einde van Torrabaai se 2021-’22-seisoen het ’n aantal voorvalle tussen hengelaars en ’n aggressiewe leeuwyfie gelei tot konflik. Sy het self sommige voertuie bestorm.
“Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme en DLCT werk nou saam om potensiële voorvalle van konflik te takel. ’n Bestuursplan en protokol is ontwikkel om sulke voorvalle te bekamp, en ons doen ’n beroep op besoekers om vir hul eie veiligheid by die riglyne te hou en om te help om die unieke leeus tydens die komende vakansieseisoen te beskerm,” lui die verklaring.
Die bestuursplan behels die volgende:
• Alle leeus sal met satelliethalsbande toegerus word.
• Die leeus sal op ’n uurlikse basis gemonitor word en die bestuur van Torrabaai sal elke dag oor die leeus se ligging ingelig word.
• Wanneer leeus die kus besoek en ’n robkarkas vreet, sal ’n klein gedeelte van die strand tydelik gesluit word.
• ’n Gedetailleerde kaart van potensiële punte van die strand wat tydelik geblokkeer kan word, is ontwikkel om die leeus te beskerm.
• Dit is nie toelaatbaar om die pad te verlaat nie, alle voertuie moet tussen sonsondergang en sonsopkoms in die kamp wees en mense moet nie snags rondloop nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie