China, Namibië werk saam aan toerismeplan
Die Namibië Toerismeraad (NTB) het onlangs sy 2023 China-promosietoer met die tema "Ruimte en Tyd" afgehandel, wat suksesvol in Beijing, Shenzhen en Sjanghai aangebied is. Die promosietoer, wat van 3 tot 7 Julie plaasgevind het, het meer as 300 verteenwoordigers van die toerismebedryf en media van regoor top stede in China gelok. Die doel was dat die NTB en sy vennootorganisasies gesamentlik kommunikasie en samewerking soek en versterk, die bedryf ondersteun om omvattende reispakkette te ontwikkel en Namibiese toerisme in die algemeen te bevorder.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie