Die vlakte en die pas
Padtoer ná die vloed (4)
Hoe sal 'n mens nou die skoonheid van die pragtige Chapmanspiek besing? Wêreldklas gekombineer met verruklik, beskryf dit effens.
Pedro Vorster – Die dag van ons vertrek staan Tafelberg skielik klaar vir almal om te sien.
Die weer is sonskynvrolik en wolkloos. Van die middestad af is daar twee bekende roetes na Houtbaai. Kyk suidwes van die onvoltooide oorwegbrug, hou regs en neem Victoriastraat. Of bly suidwes kyk, maar neem die linkerkantse Kloofnek-weg. Toemaar, die twee paaie smelt weer saam in Kampsbaai en jy is in Houtbaai! Die mooiste en stadigste pad neem jou verby Seepunt, die DHL-stadion, ofte wel die nuwe Nuweland, en die bekende Clifton.
Daar was rots- en modderstortings by Chapmanspiek, maar die pas is weer oopgestel en tolgeld word weer gevra. Hoe sal ’n mens nou die skoonheid van hierdie pragtige pas besing? Wêreldklas gekombineer met verruklik, beskryf dit effens. Hou hier iewers stil en geniet een van die mooiste panoramas in die wêreld.
In Houtbaai was daar eens baie, baie jare gelede luiperds in die digte bos. Die laaste een is in 1937 in die omgewing van Klein Leeukop gewaar. Ses-en-twintig jaar later word ’n bronsbeeld van ’n luiperd wat oor die see staar hier opgerig. Iets aan die beeld se eensame blik oor die baai herinner aan die mistroostige kunsmatige pikkewyn-rotshokke in die Twee Oseane Akwarium. Die futiliteit van stry teen verandering, word tasbaar. ’n Lappie bos word glo bewaar in Houtbaai ter herdenking van die inheemse bome wat hier geoes is. Dit sal soek kos om te vind.
Op Kaapstad se Victoria & Albert Waterkant is ’n oop ruimte, die Vryheidsplein. Hier staan vier effens groter as lewensgroot brons standbeelde. Oor die keuse van die beelde se grootte laat ek my nie uit nie. Die beelde is netjies, staties en komitee-verbeeldingloos.
Van voor gesien, is hulle vier onopspraakwekkende gelykenisse. Al die manne het Nobelpryse ontvang. Van regs na links glimlag Mandela, De Klerk, Tutu en hier val ek toe vas. Wie is die vierde persoon? ’n Jong swart man wat saam met my staan en kyk, weet ook nie. Die onbekende vierde is Luthuli wat in 1967 die ANC-president was.
Oor die skouer van Tafelberg, in Kalkbaai, lewe sakmense geklee in egte sakmateriaal. Op die sypaadjie, helder oordag, gooi hulle dolosse, verkoop muti en los probleme op. Die sangomagroepie is in lyn met die demokratiese bestel sowaar veelrassig. Voorheen was die mense uitsluitlik swart. Wit sangomas maak ook saak.
Die hoofstraat van Kalkbaai is knap. Ons kruis dit na die oorkantste ry geboue wat knus in winkels verdeel is. Uit die staanspoor is dit duidelik dat hier goedkoper winskopies is as in Kaapstad, veral in dít wat vrouens se harte gelukkig maak, soos klere.
Muizenberg is by uitstek nog ’n vakansiestranddorp. Sy kenmerkende Viktoriaanse verkleehuisies staan steeds. Vandag se modes en sedes laat die hutjies effe preuts voorkom.
Khayelitsha op die Kaapse Vlaktes kleef aan Moeder Kaapstad soos ’n rebelse kind. Die naam beteken “Nuwe Tuiste” in Xhosa. Anargie heers in 2019 toe die weermag moet ingryp om wet en orde hier te handhaaf. Gereken die vinnigste groeiende voorstad in Afrika, woon hier oor die 290 000 mense.
Kan jy motoriste verkwalik wat senuweeagtig voel op die Baden Powel-rylaan wat deur die gebied sny? Die tipiese sinkhuise staan nou en naby aan mekaar. Waar daar gewoonlik ’n afstand van so 6 meter van die padskouer tot ’n erfgrens moet wees, word hierdie afstand stelselmatig oorskry. Van die sinkhuise staan baie naby, so 3 meter. Verloor ’n vragmotor sy spoor. . .
Op ons roete na Franschhoek durf ons die Khayelitsha-pad vreesloos aan. Wel, miskien tog bekommerd oor klipgooiers, want hier – dag of nag – hou jy nie stil nie
Ons is nie buitelandse besoekers wat uit nuuskierigheid op’n sirkus-feitesending wil gaan nie. Die snel deur die voorstad sonder voorval. Ons draai af na die wingerdlande en wonder: Skud jy ooit die stof van Kayelitsha af sonder simptone?
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie