Duin 7 is nou weer oop vir die publiek
Die gewilde Duin 7-ontspanningsgebied is van vandag af oop vir die publiek nadat dit 'n paar opknappings ondergaan het.
Die toerismeministerie het met mede-finansiering van die Wildproduktrustfonds die bestaande ablusiegeriewe opgeknap en twee nuwes gebou, asook die opknapping en opgradering van die braaigeriewe afgesluit, deur nog vyf by te voeg. Daar is ook 'n kabel rondom die ontspanningsarea gespan en is daar 'n ontvangskantoor met 'n formele toegangshek gebou.
Die opgradering van die fasiliteit en infrastruktuur sal die ministerie in staat stel om parktoegangsfooie by Duin 7 te implementeer en te hef soos reeds in 2021 goedgekeur en in die staatskoerant gepubliseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie