Ekspo mik om uitdagings te takel
Promosie-artikel
Die lang wag is amper verby!
Vanjaar se Toerisme Ekspo skop Woensdag om 16:00 af. Woensdag en Donderdag sal die ekspo vanaf 16:00 tot 22:00 vir die publiek oop wees, terwyl die hekke Vrydag om 14:00 oopmaak. Interessante seminare en werkwinkels sal Donderdag- en Vrydagoggend aangebied word.
In ooreenstemming met vanjaar se fokus op die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza TFCA), sal Donderdag met “Om Kaza te verstaan: Oorgrens- kulturele ervaring – wat ons anders doen” afskop. Daarna verskuif die fokus na oorgrens- kulturele ervarings en die Afrika-China- kulturele uitruiling. Ná middagete sal ’n sessie fokus op die voordele van kulturele ervarings.
Tydens Vrydag se verrigtinge sal kwessies uitgelig word wat waarskynlik ’n impak kan hê op die plaaslike toerismesektor. Die eerste sessie sal fokus op die “Integrasie van gastedienste in akkommodasie-instellings vir SME’s”, wat gevolg sal word deur ’n sessie wat ’n “Veilige omgewingsdata-verkrygingsportaal” ondersoek.
Die laaste praatjie sal handel oor die impak van die nuwe olie-ontdekkings en groenwaterstofprojekte in Namibië.
Indien jy aan die seminare wil deelneem, whatsapp #registreer na 085 785 6231 en volg die instruksies. ’n Gedetailleerde ekspo-program is beskikbaar deur #ekspo na dieselfde nommer te whatsapp. Die program is ook by nte.nmh.com.na beskikbaar.
Ekspogangers kan ook uitsien na optredes deur verskeie kunstenaars. Lees môre meer daaroor, asook oor die Africa Millimeter Telescope-projek se mobiele planetarium.
Die ekspo sal onmiddellik begin na ’n amptelike opening deur die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, wat slegs deur genooide gaste en uitstallers bygewoon sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie