PREMIUM: The rise of luxury lodges and exclusive experiences has positioned Namibia as a premium destination. Photo: FILE
PREMIUM: The rise of luxury lodges and exclusive experiences has positioned Namibia as a premium destination. Photo: FILE

Europeërs dryf toerismesyfers

Ellanie Smit
Namibië se toerismebedryf het in Augustus vanjaar ’n beduidende toename ervaar in beide streek- en internasionale besoekers.

Dit was veral Europese toeriste wat dié toename gedryf het met hul internasionale aankomste wat vanaf 66,33% in Julie 2024 tot 70,28% in Augustus gestyg het.

Volgens Simonis Storm se verslag oor gasvryheidstatistiek vir Augustus, beklemtoon hierdie opwaartse neiging Namibië se groeiende aantrekkingskrag as ’n ontspanningsbestemming vir Europese reisigers, wat die belangrikheid van pasgemaakte bemarkingstrategieë wat op hierdie sleuteldemografie gemik is, uitwys.

Die verslag het verder daarop gewys dat die voortgesette gewildheid van vakansie- en ontspanningsreise talle geleenthede bied vir verdere ontwikkeling in infrastruktuur om besoekers se ervarings te verbeter en die positiewe momentum te behou.

Aangesien ’n beduidende deel van Namibië se toptoeriste vanaf volgende jaar aan nuwe visumvereistes moet voldoen, benadruk die verslag die belangrikheid van beide die gasvryheidsbedryf en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme om prosesse te vergemaklik en uitsonderlike dienste te lewer om volhoubare groei te verseker.

“Met die feesseisoen wat nader kom, verwag ons ’n toename in binnelandse en SADC-besoekers, veral in die noordelike en kusstreke wat gewilde vakansiebestemmings is,” lui die verslag wat verder daarop wys dat dit positief tot die ekonomiese impak van die gasvryheidsektor kan bydra.

Hoewel die Suid-Afrikaanse rand vanjaar met byna 7% teenoor die Amerikaanse dollar en 5% teenoor die euro versterk het en dit moontlik besoeke aan Namibië duurder vir internasionale toeriste sal maak, meen die verslag dat daar ’n groeiende neiging in die sektor waargeneem is om ryker toeriste te teiken.

“Die luukse lodges en eksklusiewe ervarings het Namibië as ’n premium bestemming geposisioneer.”

Hierdie verskuiwing in fokus dui daarop dat, hoewel valutabewegings sommige segmente van die mark kan beïnvloed, die vraag na luukse toerisme waarskynlik sterk sal bly, lui die verslag.

BINNELANDSE REISE

Binnelandse reise het ’n merkbare toename ervaar met Namibiese besoekers wat in Augustus vanjaar 14,91% van die totale besettingsyfer uitgemaak het, teenoor 16,39% die vorige maand.

Suid-Afrikaanse toeristegetalle het egter byna gehalveer van 6,30% in Julie tot 3,69% in Augustus 2024.

Besoekers uit die res van Afrika het ’n toename op ’n jaar-tot-jaar-grondslag gesien met hul aandeel wat tot 1,67% gestyg het vanaf 0,90% die vorige jaar.

Die nasionale besettingsyfer in die gasvryheidsektor het in Augustus vanaf 68,9% in Augustus verlede jaar tot 63% gedaal.

Op ’n maand-tot-maand-grondslag het die sektor egter van Julie tot Augustus vanjaar ’n verbetering van 3,28% getoon.

Die noordelike streek het sy hoogste besettingsyfer vir die jaar op 70,42% aangeteken wat toegeskryf kan word aan verhoogde trou-verwante aktiwiteite.

“Die suidelike en sentrale streke het dalings in besettingsyfers ervaar.”

Volgens die verslag het die kusstreke ook ’n effense afname op ’n jaargrondslag beleef, maar het ’n toename op ’n maand-tot-maand-grondslag van 6,4% vanaf Julie ervaar.

Intussen het reis vir ontspanningsdoeleindes in Augustus vanjaar die oorheersende segment gebly met 92,91% van die totale kamerbesetting.

“Sakereise het ’n toename op ’n jaargrondslag gehad, wat 6,48% bygedra het, terwyl konferensieverwante verblyf, hoewel steeds minimaal, tot 0,61% gestyg het vergeleke met die vorige Augustus.”

EUROPA

Onder die Europese lande was Oostenryk, Duitsland en Switserland die topbydraers en het gesamentlik 31,68% van alle Europese besoekers verteenwoordig.

Italië het aansienlike groei getoon met sy markaandeel wat skerp gestyg het vanaf 4,48% in Julie tot 12,91% in Augustus.

Frankryk is in die derde plek en dra sowat 9,88% tot die Europese segment by. Spaanse en Portugese besoekers het ook vanaf 3,35% in Augustus 2023 tot 3,73% in Augustus vanjaar gegroei.

Die Benelux-streek (België, Nederland en Luxemburg) het ook indrukwekkende groei op ’n jaargrondslag getoon met hul markaandeel wat in Augustus 2024 vanaf 0,07% tot 6,20% toegeneem het.

Verder het Namibië ook besoekers van die Baltiese lande (Estland, Letland en Litaue) gelok.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A