Fenata vra insette oor minimum loon
Ellanie Smit - Die Namibiese Toerismevereniging (Fenata) het gesê ’n besluit oor die implementering van ’n minimum loon is die voorland vir alle sektore van Namibië se ekonomie.
Werkgewers in die toerismebedryf is dus versoek om insette te lewer met betrekking tot die voorgestelde minimum loon.
Luidens ’n brief wat aan alle werkgewers in die toerismebedryf gerig is, het Fenata gesê die Namibië Werkgewersfederasie (NEF) het na hulle uitgereik, want daar kan ’n klein geleentheid wees vir die verskillende sektore om te onderhandel vir oorweging van die groot diversiteit in die werksomgewing en salarispakkette in die bedryf.
“Vir ons in toerisme, met groot diversiteit in terme van indiensnemingsomgewings en salarispakkette, is dit noodsaaklik dat ons hierdie laaste kans gebruik om te probeer om vir ’n alternatief vir die voorgestelde minimum loon van N$18 per uur te beding, wat gesien word as die monetêre deel van vergoeding, voordele uitgesluit.”
Fenata het verduidelik dat die ministerie van arbeid, nywerheidsverhoudinge en werkskepping, die loonkommissie en adviseurs van die Internasionale Arbeidsorganisasie relevante verslae ingedien het.
“Nou word die bedryf aangemoedig om by finale konsultasies betrokke te raak.”
Die vereniging het gesê die NEF het beklemtoon die enigste kans wat die bedryf het om hierdie proses nou te beïnvloed, is deur feite en data te verskaf om hul argumente en versoeke te motiveer.
“Ons as georganiseerde toerisme-rolspelers is dus versoek om relevante data van ons lede in te samel om die behoefte aan spesiale oorweging te motiveer.”
Fenata het gesê hy het dus ’n baie basiese, vinnige en eenvoudige aanlyn vraelys ontwikkel wat alle werkgewers versoek is om te voltooi en in te dien.
Die vereniging het gesê hy weet uit ondervinding dat die meerderheid van die sektor dalk huiwerig is om deel te neem aan opnames van dié aard, maar het beklemtoon dat dit uiters belangrik is aangesien toekomstige bedryfskoste in terme van indiensneming vir hierdie mensekapitaalintensiewe bedryf hierdeur geraak sal word.
“Dit sal Fenata in staat stel om ’n bedryfsvoorlegging voor te berei oor die uitwerking wat ’n voorgestelde minimum loon op diensgetalle sal hê, vereiste koste vir maatskappyuitgawes as deel van salarispakkette in toerisme, en moontlike afleggings wat kan volg op ’n ingestelde minimum loon op die voorgestelde vlak.”
Fenata het lede versoek om teen die begin van November hul antwoorde voor te lê vir nasionale indiening teen middel November.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie