Gasvryheidsbedryf moet ‘kopskuif’ maak
Tekort aan opgeleide werkers
Marika Raves van die Maltahöhe Hotel sê toeriste is deesdae meer geneig om met gehuurde voertuie die land te verken.
“Ek dink ons moet ’n kopskuif maak en aanpassings maak vir die tye in die dag wat mense hier is,” sê Marika Raves van die Maltahöhe Hotel oor die herstel van die gasvryheidsbedryf in kleiner dorpe.
“Ons as gasvryheidsektor is genoodsaak om aan die groot verwagting van kliëntediens te voldoen en dit is hier waar ons in ons spore gestuit word. Daar is ewe skielik wêreldwyd ná die pandemie ’n tekort aan opgeleide werkers in ons bedryf,” het Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), gesê.
Raves sê die hotel was voor die Covid-19-pandemie suksesvol, maar sukkel egter om weer op dreef te kom
“Talle mense besoek ons deur die dag, so ons vaar goed met middagetes,” sê sy.
Sy sê toeriste is deesdae meer geneig om met gehuurde voertuie die land te verken. In die verlede het toeriste as deel van toergroepe by die hotel aangeklop. Dit het volgens haar gelei tot ’n verandering aan haar sakemodel.
“Ek dink ons moet meer begin kyk na deli-verkope en dinge soos braaipakke, hout en bottels water vir die gaste wat in kleiner groepies kom. . . ek dink ons sakeplan moet verander.
“Namibië was nog altyd bekend vir sy oop ruimte en sy vriendelike mense. Dus is massatoerisme nie noodwendig vir Namibië bedoel nie, want saam met massatoerisme kom meer verkeer. Ek dink ons kan beter na individuele gaste omsien,” het Raves gesê.
“Die huidige toeris waardeer nog die vryheid en oop ruimte, iets wat Namibië hom of haar kan bied. Die gevoel van ‘wegbreek’ uit die mallemeule van die stadslewe en tegnologie, lok reisigers in groot getalle na ons land,” sê Paetzold.
Hoewel Raves voorspel dat besettingsyfers moontlik in 2024 nader aan die syfers voor die pandemie kan draai, maan sy dat die gasvryheidsbedryf nie oorhaastig moet wees om hierop staat te maak nie.
Bertie Opperman, die bestuurder van Sophienhof Lodge op Outjo, sê die lodge se besettingsyfers het toegeneem van die begin van die maand af en dat besprekings tot einde November hoop bied.
“Ons het tot dusver baie goed herstel en is tevrede met die aantal gaste wat ons besoek,” het hy gesê.
Volgens hom moes die lodge ook aanpas om aan gaste meer waarde vir hul geld te bied deur sy wildrit-ervaring te verbeter.
Svetlana Shihepo van Goba Lodge sê die lodge beoog om sy eie groente te plant om bedryfskostes laag te hou. Sy sê ook dat hulle hoop om perdryritte aan gaste te bied.
Sy sê besoeke van staatsamptenare van ’n militêre basis in die omgewing hou tans die pot aan die kook.
Goba Lodge trek glo ook voordeel uit die feit dat Namibiërs en burgers van Botswana nou net slegs hul identiteitskaarte nodig het om oor die grens te beweeg.
Shihepo sê die lodge se besettingsyfers kan tussen 40% en 70% op ’n gegewe dag wissel. Goba Lodge mik ook volgens Shihepo om sy mark te diversifiseer deur aanlyn reklame te gebruik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie