Namibia plays host to the African Hospitality Investment Forum in Windhoek from 25 to 27 June. Photo Pexels/Rachel Claire
Namibia plays host to the African Hospitality Investment Forum in Windhoek from 25 to 27 June. Photo Pexels/Rachel Claire

Gasvryheidsforum vergader in Windhoek

Kollig op franchise-model
Reuse in die gasvryheidsbedryf vergader vandeesweek in Windhoek.
Gerine Hoff
Namibië speel gasheer vir die Afrika Gasvryheidsbeleggingsforum (AHIF) in die hoofstad vanaf vandag tot Donderdag.

Die gasvryheidsektor ervaar tans groei met ’n toename in toerisme. Volgens die Verenigde Nasies se Wêreldreisorganisasie (UNWTO) se wêreldtoerismebarometer het Afrika die sterkste groei gedurende 2023 getoon, saam met die Midde-Ooste en Europa, met ’n herstelkoers van 96% ná die Covid-19-pandemie.

Namibië ervaar ’n soortgelyke herstelkoers met die Gasvryheidsvereniging van Namibië wat in Oktober verlede jaar ’n besettingskoers van 65% vir die derde kwartaal van 2023 aangekondig het. Dit is ’n kwart persent hoër as die besettingskoers vir dieselfde tydperk in 2019.

Die franchise-model werk blykbaar die beste in die huidige ekonomiese omstandighede.

“Ons het gesien dat internasionale handelsmerkfranchises beter uitkomste vir eienaars in mededingende markte lewer en dit het die nommer een-sakemodel in die VSA en Europa geword,” sê Michael Pownall, die besturende vennoot van MEAA Valor Hospitality.

“Dit lewer sterker kommersiële resultate, wat die moeite werd is om in Afrika te ondersoek.”

Die voordele van hotelfranchises vanuit die oogpunt van kommersiële verkope, bemarking, reputasie, gerief, veiligheid en sekuriteit maak dit ’n aanloklike opsie vir eienaars van eiendom wat internasionale reisigers wil lok wat op soek is na gemaklike verblyf by ’n bekende handelsnaam. Die eienaar kan ook deel vorm van globale lojaliteitskemas.

“Meer as ooit is hotelle se franchise-besigheidsmodel aanloklik vir eienaars van eiendom wat meer betrokke wil wees by hul eiendomme en sterker kommersiële opbrengste van hul bates wil hê,” sê Mike Devereux, die hoof van ontwikkeling vir Valor Hospitality.

Die forum vind by die Mövenpick Hotel plaas.

Vir meer inligting kan belangstellendes ’n e-pos na ahifing.uk.com stuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!