Gids tot opleiding in toerismebedryf
Die Namibia Travel & Tourism Forum het verlede week ’n nuwe gids getiteld “The Essential Directory of Namibia’s Travel, Tourism and Hospitality Institutions” bekend gestel.
Dit dien as ’n breedvoerige handleiding tot geleenthede vir onderrig in die toerisme- en akkommodasiebedryf van die land.
Dit kan gratis by travel.na se webwerf afgelaai word, of deur hul Facebook-blad te besoek en op die skakel te kliek.
Die doel is om die jeug, wat belangstel om ’n loopbaan in toerisme te volg, met kennis te bemagtig oor geakkrediteerde kursusse wat plaaslik beskikbaar is. Die gids sal kwartaalliks opgedateer word om seker te maak dit bly relevant en bruiksaam.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie