Gondwana, Okapuka span kragte saam
Gondwana Collection Namibia het aangekondig dat die Okapuka Game Ranch ook nou by sy versameling akkommodasieplekke ingesluit is.
Gondwana sê die uitbreiding maak dit vir die maatskappy moontlik “om gaste in hierdie gevestigde en alombekende lodge in die Afrika-bosveld met sy dierelewe te kan onthaal”.
Die sogenaamde “gesamentlike onderneming” is gemoeid met die lodge se bestuur en administrasie.
Okapuka sal by Gondwana se portefeulje gevoeg word, maar nie van eienaarskap wissel nie.
Omvattende opgraderings word beplan en kan reeds in Oktober begin om die eerste gaste in April 2023 te verwelkom.
Die media berig al ’n geruime tyd dat Gondwana ’n soortgelyke ontwikkeling met die Am Weinberg Hotel beplan.
“Ons jongste onderneming met Am Weinberg Windhoek sal verdere sinergie tussen hierdie twee topliggings in die land moontlik maak en die gemak van die stad met die stilte van die bosveld saamsmelt,’ het Gondwana in ’n verklaring gesê
Okapuka Ranch is plaaslik en internasionaal bekend vir sy leeuvoersessies. Besoekers kan ook jagluiperds voer of selfs net in die natuurskoon stap of op jou bergfiets klim en die vars lug geniet.
Dít afgesien van talle wildsbokke wat gereeld die restaurantgeriewe saam met gaste geniet.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie