Hamilton vol lof vir Namibië
Die Britse Formule Een-renjaer, Lewis Hamilton, het verlede week ’n blaaskans in Namibië geneem.
Ná sy vertrek uit die Land of the Brave het Hamilton in die sosiale media gesê Namibië is een van die wonderlikste plekke wat hy nog met sy eie oë gesien het. Hy sê hy wou al lank na sy wortels in Afrika kom soek en, “om te sê hierdie reis was ’n grondige ervaring, is ’n understatement,” sê hy.
“Dit was ’n lewensveranderende herstel. Ek voel asof ek ’n nuwe perspektief op die lewe gekry het, ’n selfs sterker liefde vir diere ontwikkel het, en hegter aan my broers geraak het, met wie ek hierdie spesiale reis deel.”
Hamilton praat oor soveel skoonheid wat hom oral omring het en dat hy vrede gevind het. “My eerste stop was Namibië,” sê hy en dat woorde en prente nie die land regverdig kan uitbeeld nie.
“Die lugballonvlug was surrealisties. Ons moes sywaarts land. Dit is beslis iets wat ek nooit sal vergeet nie. Ek kan aan geen beter plek dink om hierdie tyd deur te bring nie,” het Hamilton gesê. Die F1-seisoen hervat op 26 Augustus in België.
Foto’s Instagram.com/lewishamilton

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie