Inwoners poog om Dorob-park te red
'n Groep inwoners hoop om die Dorob Nasionale Park vir hul nageslag te bewaar.
“Dis die klein goedjies – ek wil ook vir my kleinkinders wys hoe lyk ligene en hoe lyk ’n welwitschia-plant,” het ’n inwoner van Hentiesbaai, Daleen Agenbag, gesê oor die motivering agter ’n gemeenskapsinisiatief om die Dorob Nasionale Park te bewaar.
Hentiesbaaiers se pogings om daadwerklik in te gryp in die bewaring van die park het positiewe reaksie uitgelok.
“Sedert ons in die media hieroor gepraat het, kry ons goeie reaksie. Elkeen spring in en bied aan om te help soos hulle kan,” het sy gesê.
Die groep hoop om onder meer paaie na gewilde hengelplekke noord van Hentiesbaai asook die Messumkrater en die Dooie See te skraap.
“Die woestyn word vernietig deur voertuie wat oral ry aangesien die paaie in ’n swak toestand is,” het Agenbag in die sosiale media gesê. Die vervanging van naamborde by gewilde hengelplekke is ook in dié groep se visier.
Die groep beplan ook om bedreigde flora te beskerm deur onder meer ligeenvelde en welwitschia-plante af te baken.
Die groep hoop ook om vullisdromme op te rig en herinner inwoners en besoekers om hul rommel saam met hulle te vat.
Agenbag sê sy en ongeveer tien ander inwoners wat die projek aanpak, hoop om dit volhoubaar te maak.
“Ons sal graag ’n padskraper wil koop. As ons een kan koop, sal dit die projek meer volhoubaar maak, en dit is juis die hoop,” het sy gesê.
Sy skat ’n padskraper sal ongeveer N$500 000 kos en sê dit kan ongeveer N$1 miljoen kos om al die projek se doelwitte te verwesenlik.
VRYWILLIGER
Indien die groep ’n padskraper in die hande kan kry, sal ’n barmhartige Samaritaan uit die gemeenskap, Gert Bredenhann, die taak onderneem om die paaie te skraap.
Gert het sy hele loopbaan gewy aan die bou van ons land se paaie – tot sy aftrede in 2013.
Hy onthou onder meer hoe hy skouer aan die wiel gesit het om die paaie tussen Oshakati en Ruacana en Grootfontein en Rundu te bou.
Hy sê die paaie in die Dorob Nasionale Park – veral dié naby die kus – was vroeër netjiese paaie, maar sê dit het verval as gevolg van gebrekkige instandhouding.
Gert het wel net een vereiste – hy kan nie meganiese padskrapers gebruik nie omdat hy in November 2000 sy linkerbeen verloor het. Hy sê hidroliese padskrapers vereis minder krag van sy linkerbeen.
“Ek was in 1985 in ’n ongeluk en het my been beseer. Daarna het dit net nooit weer heeltemal gesond geword nie. Ek het toe in 2000 gangreen gekry en my been is geamputeer,” sê hy.
Gert het daarna ’n kunsbeen gekry.
“Ek kan nog die skraapwerk doen en ek kan loop,” sê hy.
Hy vertel die werk aan die Dorob-paaie sal hom help om produktief te bly.
“As hulle ’n padskraper kan kry, sal ek dit enige tyd met liefde vir hulle doen – dit sal my iets gee om te doen. Hier is in elk geval nie vis om te vang nie,” skerts hy.
Die Red die Dorob-inisiatief sal onder die Hentiesbaai-toerismevereniging van stapel gestuur word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie