!Kharuhase ’n juweel op Stampriet

Wingerde in die Kalahari
Die elegante restaurant, distilleerdery, funksielokaal en akkommodasiegeriewe bied 'n asemrowende uitsig.
Francoise Steynberg
Op Stampriet is ’n versteekte juweel waar groen wingerde jou in die Kalahari begroet.

Bokkie en Alta Thorburn het in 2019 ’n erf by die Roots-plaasprojek gekoop en met grondbewerking begin.

Dit is hier op erf 817 met twee hektaar wingerde waar die druiwe van die chenin blanc-kultivar in die distilleerdery in jenewer omtower word. Die jenewer is met die mooi naam Petrichor gedoop, wat in Grieks beteken die heerlike reuk van grond ná die reën.

Die eg Namibiese Petrichor-jenewer word reeds in die Suide, Windhoek en die kus, asook by ’n verskeidenheid lodges in die land versprei.

Die jenewer-mengeldrankie met framboos-geur of met ment en basiliekruid, is verfrissend op ’n snikhete warm dag.

Volgens die Thorburns se sjef-seun Polla lê die brandewyn al vir drie jaar in die vate en sal dit teen die einde van die jaar gereed wees.

Polla staan aan die hoof van die gasvryheidsafdeling van !Kharuhase, Pikkie Smit by die distilleerdery en sjef Dewald Mouton woeker in die restaurant wat in 2022 sy deure oopgemaak het. Beide Polla en Dewald is in die Wes-Kaap as sjefs opgelei.

ELEGANTE RESTAURANT

Die spogrestaurant spreek van elegansie en uit die kombuis sweef hemelse geure.

Vir die fynproewer is daar onder meer eksotiese Oosterse vark- en borlotti-bone-kluitjies, gesmoorde biefskenkel en vyekaaskoek as nagereg. Tuisgemaakte roomys en sjerbet in verskillende geure is ook beskikbaar.

“Ek het op Elnatan Privaatskool gematrikuleer, vir ’n sjef in die Wes-Kaap studeer en teruggekeer Stampriet toe met nuwe, vars innoverende idees. ’n Skaaptjop en ’n biefstuk kan elke Suide-boer self by die huis braai. Ek wil vir hulle ’n ander buitengewone smaakervaring bring,” vertel Polla.

“Ek eksperimenteer graag en ons doen ook ‘gin pairing’ met disse.”

Met ’n swembad en braaiplek op die houtdek, word die restaurant baie goed deur Stampriet-inwoners ondersteun, veral met die disse op die spyskaart wat spotgoedkoop is. Waar kry jy ’n pizza vir N$80?

Die kinders baljaar in die swembad, terwyl die vuur aan die brandgesteek word vir gaste wat arriveer om die braai en sonsondergang te geniet. Pure Suide-gasvryheid!

OORNAG IN STYL

!Kharuhase het ook ’n pragtige onthaallokaal, Salt & Pepper, akkommodasiegeriewe en ’n kampeerterrein met ’n asemrowende uitsig op die vrugteboorde en groentelanderye.

Die uitsig herinner aan die Kaapse wynlande of Toskane in Italië, maar dit is inderdaad Stampriet hierdie.

By Salt & Pepper word funksies soos troues, matriekafskeide en gala-aande aangebied. Polla sê die venue is baie gewild en reeds vir ses troues bespreek.

Die akkommodasiegeriewe behels vier stylvol gemeubileerde huisies (cottages) en vier kampplekke met aparte ablusieblokke en ’n buitebraai.

“Vir groot funksies doen ons ook luukse kampering met 25 tweemantente wat 50 mense kan huisves,” het Polla gesê.

Stampriet is lankal nie net meer ’n boerderygemeenskap nie, met die toerisme- en gasvryheidsektor wat ’n belowende toekoms toon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A