Krokodil eties gejag
’n Jagter het verlede week ’n krokodil van 4,7 meter in die Bwabwata Nasionale Park geskiet.
Die jagter van die Verenigde State (VSA) se gids was die professionele jagter Jacques Strauss van Kowas Adventure Safaris.
Die krokodil se kop was 60 cm lank en 40 cm breed, en sy regteragterpoot 30 cm lank en 20 cm breed. Die omtrek van sy nek was 150 cm.
“Ons kry ’n permit van die regering wat ons toelaat om twee krokodille per jaar te skiet. Dit is baie min vir die aantal krokodille wat binne die park is. Die twee wat ons skiet, het geen impak op die sosiale hiërargie of voortplanting van die diere nie. ’n Ander bul kom onmiddellik en neem sy plek in. Die regering doen elke jaar ’n sensus om te bepaal hoeveel ons kwota vir die jaar gaan wees. Dit is goed bestuur. Hulle gee nie net vir ons ’n permit vir 20 krokodille en sê gaan skiet nie,” het Strauss gesê.
’n Nasionale opname wat in 2004 uitgevoer is, het die totale krokodilbevolking in noordoostelike Namibië wat langer as twee meter is, op 2 208 geraam.
BEWARINGSJAG
In onlangse jare het krokodilaanvalle op mense en vee as een van die grootste bekommernisse van landelike gemeenskappe na vore getree.
Die Zambezi- en Kavangostreek het van die hoogste menslike bevolkingsdigthede (4,2 - 5,5 mense per km2) en groeikoerse (’n bevolkingstoename van 1,8 – 3,7% per jaar) in Namibië.
“Meeste van die mense is afhanklik van die rivier vir water vir hul diere, huishoudelike gebruik, drinkwater en wasdoeleindes. Hulle het nie ’n boorgat om elke hoek en draai nie en moet van die rivier gebruik maak. Dit is waar die probleme met die krokodille ontstaan.”
Volgens ’n verslag van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme is 36 mense dood en 56 in krokodilaanvalle beseer sedert 2019.
Die totale kwota vir bewaringsjag langs die Kavangorivier is sowat vier krokodille per jaar. Dit is uitsluitend die krokodille wat as probleemdiere verklaar word. Die getal verskil soos die mens-dier-konflik wissel.
“Studies toon dat visgetalle in die rivier besig is om drasties af te neem. Dit is hoofsaaklik weens die toename in die gebruik van onwettige kiefnette en oorbevissing. Die afname in die visbevolking lei weer tot ’n toename in aanvalle op mense en veral beeste langs die rivier.”
In die Bwabwata Nasionale Park is die krokodilbevolking tans besig om handuit te ruk, hoofsaaklik omdat die krokodil geen natuurlike vyande het nie en dit onwettig is om sonder ’n permit te jag.
“Die vleis van die krokodil wat geskiet is, word aan die mense van ’n nabygeleë nedersetting geskenk. Dit is hulle vleis en hulle kry alles. Die jagter kry die vel en die kop.
“Voordat ons ’n krokodil skiet, maak ons 100% seker dat dit die regte een is, die krokodil groot en oud genoeg is en dat die jagter ’n etiese skoot kan afvuur. As al die vereistes nie in plek is nie, dan skiet ons nie.”
Volgens Strauss het talle van die krokodille wat hulle skiet en slag hoeke in hul mae soos mense die diere probeer vang het.
“Baie van hulle het ook beesoormerke in hulle mae. Ons het ook al mensbene en items wat aan mense behoort, soos ’n ketting of armband, in die krokodille gekry, wat beteken hulle was beslis een of ander tyd mensvreters. Dit was egter nie die geval met die een wat ons onlangs geskiet het nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie