Myl 108 opgeknap

Ses ablusieblokke aangebring
Die NWR het gesê hy hoop Namibiërs sal van die nuwe opgeknapte geriewe kan ervaar.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit - Opgraderingswerk wat by Myl 108 en Sossus Dune Lodge gedoen is, het Namibia Wildlife Resorts (NWR) altesaam N$3,5 miljoen gekos.

NWR het ses nuwe ablusieblokke by Myl 108 aangebring – net betyds voor die aanvang van die visvangseisoen.

NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, het die jongste inligting oor sommige van die projekte verskaf en gesê hulle moet die vissershuisies by Myl 108 ook opgradeer omdat die elemente rondom die kusgebied gewoonlik ’n uitdaging word.

Ashipala het gesê hulle kon baie van die vissershutte opknap en kon ses ablusiegeriewe aanbring.

Volgens hom beteken dit baie van die vissermanne sal nou van nuwer fasiliteite kan gebruik maak wanneer die visvangseisoen begin. Die koste van hierdie opgraderings was sowat N$2,3 miljoen, terwyl die res van die geld vir opgraderings by Sossus Dune Lodge gebruik is.

’n Nuwe dek is ook by Sossus Dune Lodge se swembad gebou. Ashipala het gesê dit was ook omdat die elemente die houtdekke begin verweer het.

Omgewingsvriendelike materiaal is gebruik om die dekke op standaard te bring.

Ashipala het bygevoeg onderhoud is ’n kwessie wat hulle al lank probeer takel, so hulle hoop dat Namibiërs van die nuwe opgeknapte geriewe sal kan ervaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!