No Image Caption

Namibië gewilde bestemming vir gesinne

Ellanie Smit
Namibië is aangewys as die vierde beste land in Afrika om met kinders te besoek, gevolg deur buurland Suid-Afrika wat in die derde plek is.

Dit volgens ’n opname deur die toeroperateur Go2Africa. Seychelles is aangewys as die mees kindervriendelike land in Afrika en die wêreld en spog met die mees gesinsvriendelike hotelle, toeriste-aantreklikhede en restaurante wat dit die verkose reisbestemming vir ouers maak. Marokko is tweede in Afrika en Madagaskar in die vyfde plek. Volgens Go2Africa het families baie meer om oor te dink en te oorweeg wanneer hulle ’n vakansiebestemming kies.

“Hulle moet seker maak die gebied bied ’n goeie samestelling van gesinsvriendelike hotelle, baie aktiwiteite om hul kinders besig te hou, asook ’n verskeidenheid restaurante wat voorsiening maak vir kieskeurige eters.”

Om gesinne te help om die perfekte ligging vir hul volgende avontuur te vind, het Go2Africa byna 4 000 hotelle, besienswaardighede en restaurante van oraloor die wêreld ontleed om sodoende die perfekte plek te ontdek om te besoek.

Deel van die studie het ingesluit dat ’n toeroperateur ’n breedvoerige lys van al die lande oraloor die wêreld saamstel.

“Ons het toe data van Tripadvisor ingesamel oor die aantal gesinsvriendelike en vier- tot vyfsterhotelle, besienswaardighede en restaurante.

Deur die persentasie gesinsvriendelike plekke relatief tot die totale aantal ondernemings te bereken, het ons die beste bestemmings bepaal om saam met kinders te besoek.”

Volgens Go2Africa het Afrika van die mees ongelooflike omgewings en aktiwiteite om met kinders te ontdek.

“Van uitgebreide nasionale parke waar kinders vir die eerste keer in aanranking met eksotiese wildlewe kom tot ongerepte strande wat anders is as enige ander strand in die wêreld, daar is iets vir almal.”

Go2Africa sê Namibië is ’n uitstekende bestemming vir gesinne wat op soek is na avontuur en unieke ervarings.

“Gesinne kan ’n opwindende Namibiese safari in die Etosha Nasionale Park en tuiste van skaars wildlewe soos olifante, leeus en kameelperde beleef, of hulle kan die oorvloedige vleilande van die Zambezistreek ontdek.”

Talle verblyfplekke in Namibië bied ook kindervriendelike programme, swembaddens, verskeie aktiwiteite asook interaktiewe bewaringsinisiatiewe.

“Die land is veilig en die meeste streke is malariavry wat dit ideaal vir ’n gesin maak om hier te reis.”

Volgens die statistiekverslag vir toeriste vir 2023 was 6,4% van toeriste in Namibië jonger as 19 jaar oud.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!